Dit is hoe Willie Strauss  se konserte begin het - oppie stoep en tot nou probeer hy daai gemaklikheid van 'n konsert oppie stoep weergee. Hy het studeer aan die Pretoria Technikon  waar hy 'n Nasionale Diploma Uitvoerende Kunste verwerf het. Die afgelope 9 jaar hou hy konserte  reg deur die land. After Dark in Pretoria was die eerste profesionele stoep waarop hy opgetree het, en daarna was daar geen keer aan die Kenhardt klong nie. Konsert het die afgelope paar jaar die baadjie aangetrek van KABASERT, wat so bietjie kesert en nog 'n bietjie kabaret is..... net genoeg van elk vir geur. Tans is hy besig met sy debuut laserskyf en toer met 'n kesert "JOU MA SE POëSIE en ander gedigte"   Die program bestaan uit 'n keur van die land se beste digters se werke. 

Behalwe die sangloopbaan teel Willie ook met katte. Van die harigste soort tot die kaalste, soos sy kabaserte is verskeidenheid die wagwoord. Vat die kans en gaan kyk na die bladsy van Willie Strauss se katte

Blaai terug

"Jou Ma se Poësie en ander gedigte"

Die kesert:

Letters maak woorde, woorde maak sinne en georganiseerde letters en woorde maak poësie... As jy die woord gedigte hoor en aan stowwerige klaskamers dink, kom luister hoe Willie Strauss se nuwe vertoning die land se beste digters se werk afgestof het. Gedigte van N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, Antjie Krog en baie ander het 'n musikale baadjie aangetrek en word vertolk soos net hy kan. Die toonsettings is onder andere gedoen deur Wilhelm Joubert, Lydia vom Hagen en Willie self. Die musikale verwerkings is gedoen deur Johan Swart en die regie word behartig deur Stephen van Dyk wat tans besig is met sy Meestersgraad in Regie aan die Pretoria Technikon. 

 

 

Luister na uittreksels 
van my vorige CD....... 

Listen to extracts from some
of the songs on my previous CD

JANTJIE

STILLE NAG

SKIPSKOP

KATRINA

WIND IN DIE BAAI

MISKIEN

CD BESTELLINGS / ORDERS:

crazycats@intekom.co.za

BESPREKINGS / BOOKINGS
NELIUS +27 (011) 782 0122
083 300 5447

 

 

 

 

Blaai terug.

 


"Jou Ma se Poësie en ander gedigte"

Die CD:

"Klaas oor Klank" (van: www.roekeloos.co.za)
Jou ma se poësie en anner gedigte
Sommige mense is performers van geboorte af. Diegene wat klim op tafels, stoele en toonbanke nog voor hulle behoorlik kan loop. Meeste van hulle slyt hul lewe as 'n kassier iewers by 'n bank, maar 'n handjievol sal deur 'n woestyn stap vir 5 minute op 'n verhoog. Willie Strauss is 'n stapper!
Hoe diep Willie Strauss se digterlike wortels begrawe is sal ons nie weet nie, maar sy nuwe CD Jou ma se poësie en anner gedigte getuig van trots, windmakery en talent.
Jou ma se poësie en anner gedigte is die klankbaan van Strauss se teaterproduksie met dieselfde naam. Dit bestaan uit werk van bekende Suid-Afrikaanse digters wat, met musiekbegeleiding, die Willie Strauss-behandeling gegee is. Meer as die helfte is werk van N.P. van Wyk Louw en die res word opgemaak deur I.D. du Plessis, Antjie Krog en Sheila Cussons.
Daar blyk 'n ontluikende mark vir hierdie tipe produksie te wees. Jammer dus dat Strauss nie die ondersteuning van 'n groot platemaatskappy het nie, want hy maak die woordkuns baie meer toeganklik vir Jan Alleman as van die ander beskikbare cd's.
Jou ma se poësie en anner gedigte is 'n besondere produksie wat die luisteraar meevoer met klassieke woorde en weldeurdagte musikale verwerkings.

(Vrouekeur - 26 Julie 2002):
Met dié album slaan Willie Strauss een van die brandendste vure in die Afrikaanse musiekmark dood: die (sogenaamde) gebrek aan “oorspronklikheid”.
Ons hoor dikwels daar is bloot nie (genoeg) vaardige komponiste in die land nie. Vir Willie was dit g’n probleem nie: hy’t by ons knapste en bekroonde digters gaan leen. Werk van NP van Wyk Louw, ID du Plessis, Antjie Krog, Sheila Cussons en Hans du Plessis kry danksy Willie en ander puik komponeerders se toonsettings meevoerende waarde en trefkrag.
Jy sien die dorheid en pyn van ‘n Karoodorp, jy voel die hitte en drukkende emosie van ‘n someraand en jy word deur die onbaatsutige liefde van ‘n ma omvou.
Hy besing Katrina van die Bo-Kaap se nagtaakvleeslikheid en die grootsheid van die skepping, hy sleur mee met Ps 123 en hy laat ons die klank van die beiteltjie ervaar wat met ‘n bars dwarsdeur die sterre loop.
Die gegote struktuur van ‘n (bestaande) gedig verhinder ‘n toonsetter dikwels om met musikale brûe en wendings te woeker, maar die progressie word flink deur akoestiese orkestrasie en die soomvokaliteit van Nadia du Plessis, Johan Swart en Lydia vom Hagen verskaf.
Die gedigte wat hierop léwe kry, is:
Klipwerk, Die wind in die baai, Katrina, Die beiteltjie, As ek dood is, Ps 123, Ma, Die fees, Karoodorp, Someraand en Klein ballade.
Alle eer aan Willie vir dié konsep en aan die regisseur en verwerker, Johan Swart: dit is van ‘n ánder wêreld.
Dis ‘n briljante album wat wyd erkenning en bekroning verdien: hier gewis die meevoerendste en treffendste waarna Tolgoed vanjaar geluister het!
Dit is hoendervelgóéd!