|
|
|
|
ProfielVisnet Bedienige is 'n interkerlike bediening wat daar gestel is om die moderne hulpmiddels van die Internet te gebruik om die evangelie te verkondig. Hierdie diens is daar gestel deur 'n voormalige predikant van die NG Kerk wat die potensiaal van die Internet raakgesien het om die evangelie na die uithoeke van die aarde te bring. Van die medewerkers kom egter uit alle kerke. DoelwitteDie doelwitte van hierdie Visnet Bedieninge is onder meer die volgende:
NaamDie Naam Visnet kom van die twee woorde vis en net. Vis is natuurlik die Christelike simbool vir Jesus. Die rede hiervoor is omdat die woord vis in Grieks - ichthus - die verskillende eerste letters van Jesus se name bevat. Die woord net staan vir die Internet. Met ander woorde visnet staan vir Jesus op die Internet. |