VISNETC.GIF (15556 bytes)

Getuienisse
Romeine 8:38: Hiervan is ek oortuig: geen dood, of lewe of engele of bose magte of teenswoordige dinge of kragte ... kan ons van die liefde van God skei nie.

 wpeA.gif (4327 bytes)

wpeB.gif (4339 bytes)

wpeC.gif (4418 bytes)

wpeD.gif (4367 bytes)

wpeE.gif (4328 bytes)

wpeF.gif (4383 bytes)

wpe10.gif (4389 bytes)

wpe17.gif (8674 bytes)           

 

            

Die verhaal van Tony Benito

Op die ses en twintigste Mei 1994 het ek vir 'n sekere Tony net buite Kaapstad opgelaai. Hy was 'n baie netjiese mens wat net 'n rugsak by hom gehad het. Hy het vir my gesê dat hy oppad is na Johannesburg om vir sy broer te gaan kuier. Ons het lekker gesels, maar die ou het baie senuagtig gelyk. Net buite Grahamstad het 'n liedjie op my radio gespeel: Shout van Tears for Fears. Tony het begin gesels. Hy vra toe dat ek stop. Hier volg sy storie:

Tony het by 'n bank gewerk. hy het van mense gehou, maar twee weke terug het hulle hom in 'n kantoor geplaas waar hy geen mense sien nie. hy het so depressief geword. Die werk het besluit hy moet die dag 'n sielkundige gaan sien. Toe hy by die kom, het die net vir hom pille gegee en weer 'n afspraak gemaak. Hy was so teleurgesteld en het besluit om selfmoord te pleeg. Die probleem was dat sy polisse nie met selfmoord uitbetaal nie. hy het 'n vrou en 'n aangenome dogtertjie gehad. hy het toe besluit om te verdwyn en in Johannesburg selfmoord te pleeg. So sou sy lyk weg wees en sy vrou sou die polisse kry. Om 18:30 daardie aand van die 26ste Mei het ek en Tony gebid en het hy sy lewe vir die Here gegee.

Net daar het ons sy vrou gebel en sy was histeries. Ek het vir haar verduidelik wat met hom gebeur het en het hom op die bus terug Kaapstad toe gesit.

Tony se hele lewe het verander. Hulle het finansieel vooruit gegaan, was al oorsee en het 'n nuwe huis gekoop. Volgende keer plaas ek 'n brief wat hy vir my geskryf het. Hy is onder meer die leier van 'n selgroep wat by sy huis bymekaar kom.

Was dit nie dat Tony vir hulp geskree het nie, was sy vrou sonder 'n man en sy kind sonder 'n pa. Is u dalk so iemand wat die pad gaan stap,. Die antwoord is: SKREE VIR HULP.

Gediggie van iemand onbekend

If suicide is the answer

then consider me

solved

Volgende week sal ons die getuienis in sit van twee paar ouers wie se kinders selfmoord gepleeg het. Indien u ook 'n getuienis het, kan u dit vir ons deur middel van e-pos deurstuur.

---------------------------------------------------

Hierdie bladsy gaan gewy word aan getuienisse van mense oor wat die Here vir hulle beteken het. Ons gaan ook vir u op hierdie bladsy vertel hoe om op die Internet die evangelie uit te dra.

Om te begin sal ons graag van u wil hoor. Stuur vir ons deur middel van e-pos wat die Here vir u beteken of van dinge wat met u gebeur het. Indien moontlik sal ons ook graag 'n foto van u wil hê. Ons sal onmiddellik u getuienis op hierdie bladsy plaas. U kan ook hier enige gebedsversoeke indien wat ons hier sal plaas.

U kan net hieronder kliek en u versoek of getuienis vir ons deurstuur.

mailto:visnet@intekom.co.za