Debatskompetisie

Die Rapportryerbeweging se Debatkompetisie is die vlagskip van sy Nasionale Projekte.

Die projek word onder hoërskoolleerlinge geloods en het ten doel om Afrikaans as wetenskaptaal uit te bou, sowel as om die jeug vetroud te maak met die kuns van debattering. Die meerderheid deelnemers hieraan het in die lewe na skool ook uitgestyg as jong leiers.

Enige hoërskool mag inskryf vir die kompetisie wat jaarliks aangebied word en oor drie uitdunne beslis word. Die eerste rondte, bekend as die uitdunrondte, vind op plaaslike vlak plaas. Die wenners daarvan dring deur na die halfeindrondte wat op provinsiale vlak aangebied word. Die wenners daarvan dring op hul beurt weer deur na die nasionale eindrondte wat gewoonlik in Augustus maand aangebied word en op kykNET uitgesaai word.

Terug na Projekte