|
|
Dit
is nie verbasend dat die meeste van ons maar weinig weet
oor Liechtenstein.
As een van die kleinste landjies ter wêreld is
dit 6,5 x 24 km groot.
Mid-2002 is daar geraam dat hier slegs 32 842 mense
woon waarvan 38 % buitelanders is.
Ten spyte van Liechtenstein se grootte kan drie geografiese
areas onderskei word:
‘n riviervallei in die weste wat grens aan Switserland,
die voetheuwels van die Oostenrykse Tiroolste Alpe in
die suidooste en die noordelike gelyker dele.
So wat kan Liechtenstein aan die besoeker bied?
Rondkyk hoogtepunte is min.
Baie toeriste kom na Liechtenstein bloot vir ‘n
stempel in ‘n paspoort en ‘n seël vir ‘n poskaart om huis
toe te stuur.
In die die hoofstad Vaduz (met sy 5 100 inwoners) is die
Briefmarkenmuseum (Posseëlmuseum) dan ook ‘n
hoogtepunt met ‘n wye versameling plaaslike seëls wat
na 1912 terugdateer.
Terwyl jy Vaduz verken mag jy sin hê in die Liechtensteinische
Landesmuseum (die Nasionale Museum), Ski-museum,
en die Staatliche Kunstsammlungen (Staatskunsversameling)
met werke van onder meer Rubens.
Laasgenoemde is oorkant die toeristekantoor
(Städtle Strasse 37).
Die Prins van Liechtenstein is een van die enigste monarge
wat nog in ‘n kasteel woon.
Dele van Schloss Vaduz dateer uit die 12de eeu,
alhoewel dit grootliks herbou is in die 16de eeu.
Sy tuiste is nie oop vir die publiek nie, maar
hier van die heuwel is daar ‘n goeie uitsig op Vaduz.
Suidoos van die hoofstad lê Triesenberg met goeie
staproetes en ‘n uitsig oor die Rheintal.
Winters is Malbun die gewildste ski-oord in
Liechtenstein.
Alhoewel Liechtenstein dus ‘n wegbreek bied van bestemmings
wat deur toeriste oorstroom word, bied dit ‘n insiggewende
blik op ‘n vermenging van gevorderde feudalisme en ‘n
moderne konstitusionele demokrasie.
Die prinsdom van Liechtenstein is binne die Heilige
Romeinse Ryk gevorm in 1719 en het ‘n onafhanklike stat
geword in 1806.
‘n Moderne grondwet is daargestel in 1921, maar
volgens die letter van die wet behou die prins vandag
nog die mag om die regering te ontbind en moet elke wet
goedgekeur. In
die praktyk kombineer hierdie demokratiese monargie egter
ekonomiese voorspoed met politieke vryhede waarop burgers
van menige land jaloers sal wees.
Prins Franz Josef II, een van die rykste mense ter wêreld,
was die eerste om in die kasteel bo Vaduz te woon. Hy
is na ‘n heerskappy van 51 jaar in 1989 oorlede.
Sy seun en opvolger, prins Hans-Adam II, beywer
hom tans vir grondwetlike hervorming wat sy magte sal
beperk.
In velerlei opsig is Liechtenstein en Switserland een.
Die Switserse Frank is die geldeenheid hier. Switserland verteenwoordig Liechtenstein in die buiteland.
Dieselfde reisdokumente geld en die enigste grenskontrole
is met die Oostenrykse grens.
Tog strek hierdie noue band maar terug na 1923.
Vooraf was daar ‘n soortgelyke handels- en monitêre-ooreenkoms
met Oostenryk-Hongarye, maar die ekonomiese verwoesting
daar het Liechtenstein genoop om hul na Switserland te
wend.
In die Tweede Wêreldoorlog het Liechtenstein neutral gebly
nes in die Eerste.
Nietemin is dit nie beset nie, alhoewel die Liechtensteinse
weermag (van 80 man!) reeds in 1868 ontbind is.
Ten spyte van sy grootte en beperkte natuurlike
hulpbronne het Liechtenstein ontwikkel tot ‘n hoogs geïndustrialiseerde,
vryemark ekonomie met ‘n lewende ekonomiese-diens-sektor.
Lewenstandaarde is van dié hoogste.
Liechtenstein het ‘n werkloosheidsyfer van slegs
1,8 %. ‘n
Werkloosheidsyfer van slegs 1,8 % , ‘n lewensverwagting
van byna 76 jaar en ‘n geletterdheidsyfer van 100 % spreek
boekdele.
Dit is toe te skryf aan plaaslike industrieë en veral
lae belasting wat sedert die 1950’s vir uitsonderlike
ekonomiese groei gesorg het. Lae besigheidsbelasting van hoogstens 18 % en maklik
inkorporeerbare reels het daartoe gelei dat 73 700 finansiële
instellings (veral “letter box companies”) kantoortjies
hier het. Dit verskaf sowat ‘n derde van die staat se inkomste.
Tekortkomings in bankregulasies het egter tot kommer
gelei oor ernstige vorme van geldwassery.
Sedert 2001 is die kanse hiervoor egter skraler
weens streng wetgewing wat deurgevoer is en verbeterde
regssamewerking met ander lande.
Anders as Switserland het Liechtenstein ‘n lid
geword van die Verenigde Nasies (1990) en in 1995 van
die Europese Ekonomiese Area (EEA). Die regering werk
daaraan om sy ekonomiese beleide te harmoniseer met dié
van die Europese Unie.
Nietemin is onwaarskynlikheid dat Liechtenstein
binne die afsienbare toekoms deel sal word hiervan.
Sou jy ‘n draai wou maak in Liechtenstein is dit
die vinnigste om ‘n vlug te neem vanaf Suid-Afrika na
Flughafen
Zürich.
Per trein is dit 130 km na die dorpe Sargans of
Buchs van waar publieke busse gereeld die grens oorsteek
na Liechtenstein.
Let wel dat daar nie busse laat saans in Liechtenstein
is nie. So is die laaste een tussen Vaduz en die ski-oord Malbum om
18:20 (35 minute).
dit
& dat
-
Internet-afkorting:
.li
-
Geografiese
koördinate:
47 10 N, 9 32 O
-
Tydsone:
Sentraal-Europese nes Suid-Afrika
-
Taal:
Switserse-Duits oorwegend
-
Godsdiens:
80 % Katoliek
-
Lengte
van grense:
Oostenryk 35 km, Switserland 41 km
-
Spoorwee:
18,5 km
-
Teerpaaie:
250 km
-
Klimaat:
Koue, nat winters (selde onder – 10 ºC) met
gereelde sneeu of reën.
Gemagtigde, drukkende somers (hoogstens 30
ºC) met baie wolke. Reënval per jaar tussen 1 050 en 1 200 mm.
-
Bo
seespieël: Ruggeller
Riet 430 m (laagste) en Grauspitz 2599 m (hoogste)
-
Geboortesyfer:
11,24 / 1 000
-
Sterftesyfer:
6,76 / 1 000
-
Industrieë:
Keramiek, tekstiel, elektronika, metaalvervaardiging,
farmaseties, toerisme.
-
Liechtenstein
Toerismekantoor:
Posbus 139, FL-9490 Liechtenstein.
-
Telefoonkode:
423 (land) – weens die grootte is daar nie
aparte kodes vir dorpe nie.
-
Vir
2003 raam die regering dat 23,8 nuwe poste geskep
moet word wat die staatsadministrasie tot 708 sal
vergroot.
-
Vlag:
Twee horisontale strepe blou (bo) en rooi met
‘n goue kroon daarop.
|
|