voorblad | bestemmings | raad & neigings | reisnuus | nie-reis | foto's
 

bestemmings


'n genaden(lose) dal

   
jens friis
     

     
Genandendal beloof baie.  ‘n Reisgids beskryf dit as “een van die skilderagtigste en bekoorlikste dorpies in die Overberg.”  ‘n Ander sę die geboue in “die hart van hierdie ... ou sendingstasie (is) van die allergrootste historiese en kulturele betekenis.”
Dit het dan ook vir oud-pres. Mandela só beďndruk dat hy selfs sy eertydse tuiste hierna vernoem het.
Maar vir my het dié plek depressief gestem. Kyk jy ookal hoe, is verval feitlik orals sigbaar. 
‘n Reuse houtwatermeul draai, maar vullis lę al langs die leivoor daarheen.  Met dié meul se steengemaalde meel word daar in buiteoonde gebak, lees ek.  Tog wou dit voorkom of dit nie in maande gebeur het nie.  
Die werklike probleem is dat dit oor veel meer gaan as huisies in ‘n bedenklike toestand of gehawende dekgrasdakke wat swig voor goedkoper sinkplate:  Krake en onkruid is bloot die simptoom;  ‘n gevolg van sekere denkraamwerke en/of ‘n onvriendelike węreld.  
Ek kan my net voorstel hoe só ‘n voorste volksboukundige geboue-erfenis sou lyk in Europa (waaraan die Genadendalse geboue, bome en berge baie herinner).  Die Europeërs sal hul regerings opduiwel sou dit nie eersteklas in stand gehou word nie.  Sou die kans hom wel voordoen sou ‘n multi-miljoen Euro-maatskappy dit opraap as restourasieprojek.  Wat is ‘n beter beeldpoetser? 
Ditto in die VSA.  Volbloed Amerikaanse magnate sou die seldsame kans aangryp om só ‘n ware jakob te verander in ‘n hotel.  Jip, so jammer soos dit is, sien ek eerder dat die eeuoue Genadendalse dorpshart - of watter historiese gebou ookal - in feitlik onveranderde vorm ‘n eksklusiewe vakansieblyplek word as dat dit vergaan.
Hier te lande belę groot besighede selde soveel in restourasieprojekte.  Ek en jy tik die heersende regering selde oor die vingers as hul nie behoorlik omsien nie na ons nasionale gedenkwaardighede.  
En waarskynlik ook om verstaanbare redes.  Daar is ‘n klemverskil as dit by belange kom. 
In Europa en Japan sterf nie soveel mense aan Vigs dat dit vergelykbaar is met die sterftesyfer by tye in die Tweede Węreldoorlog nie.  Hier te lande is dit anders.  In die dorpie waar ek woon groei die grafte by die drie keer vinniger aan as twee jaar gelede. 
In Kanada en Australië is daar kos op die tafels.  Maar in Suid-Afrika bring ‘n pensioen van onder R700 jou net só ver.  Ekstra geldjies is daar nie.  Met die styging in die prys van mieliemeel kan bejaardes deesdae net ‘n halfsak koop teenoor verlede jaar.  
Die meeste Suid-Afrikaners moet só water trap ter oorlewing dat daar net nie ekstra geld of krag is om te veg vir dit wat lewenskwaliteit mag verhoog nie.  
Hiermee wil ek nie ontken dat verskillende kultuur- en godsdiensgroepe verskillende waardes heg aan bewaring nie.  Tog bly daar selfs by verskillende groepe ‘n verstommende korrelasie tussen die voldoening van basiese behoeftes en die aanbeweeg na verdere vlakke van lewensverwesenliking.
Sonder minstens genoegsame behuising, kos en klere is bewaring (natuur en kultuur) ‘n moeisame tot onbegonne taak. 
Mag planne om Genadendal te red, spoedig vrugte afwerp voor dit te laat is.  Die dorp het soveel potensiaal. 

 

  • Vanaf Riviersonderend lei ‘n grondpad noordwes vir 23 km na Greyton.  Genadendal is 5 km verder.   ‘n Ander moontlikheid is die teerpad wat Genadendal met die N2/Caledon verbind  (32 km). 

j f

 
voorblad
  |  bestemmings | raad & neigings | reisnuus | nie-reis | foto's