Digter Fanie

Up

Ouwerkerk
Geskiedenis
Esme Bull Navorsing
Help asseblief
Belangrike Persone
Stamvaders
Tydlyn
Wapen
Koerantknipsels
Sk's
Beaufort-Wes Brokkies
Stories

Up
Administrateur
Gerrit Olivier
Gert Towers OLIVIER
Jan Kommandant
Dr. Henry Die Dambouer
Elzora Ons Model
MJL Olivier
Digter Fanie
Bert Olivier
Gerrit Olivier
Ds Phil

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Fanie Olivier

Stephanus Petrus Olivier is op 23 Junie 1949 in Pretoria gebore. Die grootste deel van sy skoolopleiding ontvang hy in Durban. Na matriek studeer hy verder aan die Universiteit van Stellenbosch waar hy in 1972 'n M.A._graad behaal. Hy promoveer in 1985 aan die Universiteit van Potchefstroom. Daarna was hy agtereenvolgens koerantman, dosent aan die Universiteit van Durban_Westville, onderwyser op Graaff_Reinet en weer joernalis. Tans is hy verbonde aan die Departement Afrikaans van die Universiteit van Venda.

In 1971 word sy werk,  toe nog grootliks ongepubliseerd, met die Reina Prinsen Geerligs-prys bekroon, en in dieselfde jaar verskyn sy debuut, Gom uit die Sipres. Verder verskyn van hom Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig (1978) en Verklarings (1988).

Sy posie steun sterk op tradisionele versbourniddele en 'n vaste vorm. Die tradisionele vorm wend hy dikwels verrassend nuut aan. Opvallend is talle gedigte oor die digterskap en digambag, liefdesverse en politieke gedigte.

DEMOSTHENES, DIE KLIPKOUER, DIGBY KALAMATA

die mooiste ure was wanneer ek
alleen in ingekapte kerkies God
kon uitsing in die eggo's teen die rots
maar tussen mense word my tong verstok
as ek moet antwoord soek op vrae
sodat die saarnwees altyd aan my krap
wanneer ek hakkelrig met hulle bots.
ek wens dat ek myself kan toemaak in my kerkies en myself.
tog is ek oorgelewer aan di mensbestaan
waar almal aldag op my tone trap.
nou loop ek soggens skuins voor dagbreek
hier langs die skoon en vlakkerige
see en luister hoe die branders oopvou
op die strand. buk af en kyk hoe lyk
die klippies op die sand. bly dae
kyk na al die vorms en die kleure
elkeen 'n wonderwerk en sm
n groter een in skynbaar sorgelose blink verband.
en kies n paar en speel met hulle
in my kies. voel hoe my tong geskaaf
word en hoe my mond op sy beurt verder
vorm gee aan elke klip.
n skip skiet uit die horison.
en sonder twee maal dink of iemand dit verstaan
spoeg ek die klippies mosakfyn uit my mond.
my groet is glad en koelrond.
die dag het soos n eerste dag rondom my oopgegaan

Uit Skimmellig (Human & Rousseau)

 

weer op die stormberge

die dinge wat daar grys deur berge toegemessel word
breek hartbeeshuislik in 'n mens weer oop
teen sononder in di kontrei. die oorvlug
van die hadida's krimp elke kom; die bakbos stort
'n mens se longe in en ruk vol droogtejare trug.
die blinkroep van 'n merrie uit die vlei
is 'n langbeenligvoetmeisie in haar loop.

die roomafskeier op die plaas
is dood die speel van kaggelkaarte is verby
en in 'n kraai se populierbosroep weet ek oplaas
dat elke hoes saans kanker in hom kry.

Uit: om alleen te reis;  Hurnan en Rousseau.

 

 

Ouwerkerk Geskiedenis Esme Bull Navorsing Help asseblief Belangrike Persone Stamvaders Tydlyn Wapen Koerantknipsels Sk's Beaufort-Wes Brokkies Stories Up Administrateur Gerrit Olivier Gert Towers OLIVIER Jan Kommandant Dr. Henry Die Dambouer Elzora Ons Model MJL Olivier Digter Fanie Bert Olivier Gerrit Olivier Ds Phil