Mensdinge

Tuisbladsy en kinders van hierdie bladsy:
Genesisbladsy ] Ophoudinge ] Toewyding ] Siektelikheid ] Wonderwerke ]

 

 


Strome lewende water?

Eendag was n man baie dors. Hy het begin soek na iets om sy dors te les. Hy kom toe by n vreeslike groot hoop koeldrankblikkies. Iemand het dit herwin om geld te maak. Tussen die duisende blikkies kon hy geen druppel kry om sy dors te les nie. Sy dors kon net geles word deur een (of twee) blikkies wat nog vol yskoue koeldrank was.

Johannes 7:38 Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif s: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei."


As Jesus nog by ons was!

[Toemaar ek weet Hy is; ek bedoel soos lank gelede - nog tussen ons gewandel het.]

Eendag het Jesus sy kerk besoek, ontydig, in die middel van n feesgety. Eers was Hy bendruk; die mense hou n fees vir Hom. Die ouens het beplan, gerel, roosters opgestel en nog alles wat by feesrelings hoort. Hulle het rondgehardloop, kos gemaak, tafels gedek en programme opgestel en ingeoefen. Vir Hom het hulle na professionele feesmakers gelyk. n Paar keer het Hy selfs sy naam gehoor en dan het sy hart n warm bokspring gegee. Hy wou selfs probeer help, maar omdat Hy nie veel geweet het van die soort ding nie, was Sy hulp maar taamlik beperk en effens in die pad. Hy wou gesels, maar het nie veel gesprek ingekry nie. Almal is so besig en Hy het ietwat in die pad begin voel.

Tydens die fees, het Hy weer probeer toenadering soek. Die program moes tog net vlot verloop en niemand het kans gesien om af te wyk nie. Daar was etes en sprekers, voorgebid en nagebid, gesing en hande geklap - daar was selfs n bietjie beestelikheid. Hy wou meemaak, maar omdat Hy nie n ingeweefde feesganger is nie, het Hy effe uit gevoel. Hy was ietwat eensaam te midde van die skare. (Jy weet mos hoe dit voel.) Die enigste ouens wat tuis gelyk het, was die belangrike ouens.

Die fees is selfs afgesluit met n spesiale diens. Die ouens was tevrede; die inkomste was goed - beter as verlede jaar. Onse Heer wou nog vra ... en skielik was almal aan die opruim en moeg. Niemand het nou kans gesien vir koeitjies en kalfies nie. Na die fees het almal gaan rus en Hy het vertrek met n gevoel van leegheid in sy hart.

Lukas 10:38-42 Op hulle reis het Jesus in 'n dorp gekom waar 'n vrou, Marta, Hom as gas ontvang het. Sy het 'n suster gehad, Maria, wat aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister het. Maar Marta was baie bedrywig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en s: "Here, hinder dit U nie dat my suster my alleen laat bedien nie? S sy moet my kom help!" Maar die Here antwoord haar: "Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie."


My Gevoelswitsies

moenie vir my s hoe ek moet voel nie
jy hou my gevoelswitsies vas
amper soos 'n remoutkontroul
ek voel soos jy soos jy wil h ek moet voel

moenie vir my s hoe jy voel nie
ek kan hoor hoe jy voel sonder dat ek luister
jy voel ek moet sus of so voel
en daarom druk jy die remout dat jou oge traan

jy s jy hoop ek voel skuldig
ek voel gerriteerd
jy s ek behoort my te skaam
ek skaam my vir jou omdat ek 
nie soos jy voel nie

as ek lekker is, is jy suur omdat ek lekker is
as ek dikbek is, is jy dikbek omdat ek dikbek is
en dan smile ek sommer, want jou remout verneuk jou


Strepiefilosofie

Iemand s eendag hy gaan nie ophou rook nie - hy gaan dood met vuil longe en ek gaan dood met skoon longe. Nie hy of ek sal ons strepie vryspring nie. Waar ons strepie getrek is daar 'n hy getrek. Hoe jy oor die strepie gaan, maak blykbaar geen verskil, en anderkant die strepie gaan my longe en sy longe al vier na dieselfde plek toe. 

Maar wat die ou roker nie weet nie - die teer en ander sigaretrommel gaan nie weg nie. As jy oor die strepie gaan, gaan sit al daai gemors aan jou gewete vas. En wurms eet nie gewete nie. Gewete word eers voor die troon van Jesus skoongemaak.

Lukas 12:4&5  "Aan julle, my vriende, s Ek: Moenie bang wees vir di wat die liggaam doodmaak en daarna niks verder kan doen nie. Ek sal vir julle s vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, n die dood, in die hel te werp. Ja, Ek s vir julle, Hm moet julle vrees.


Het jy al gepetrus?

So staan ek een aand in 'n bondel mense. Alkohol-vriendelike ouens. En die manne praat en lag en skink en vertel en grap. Skoon en minder skoon deurmekaar. En die manne jirre en jissus en koot en goot. Hoor niemand dit nie? Hoor net ek dit? Maar, van jirre en jis en sulke woorde weet ek niks. Is ek dan die enigste dom ou hier? 

En as jy van sulke dinge weet, dan s jy dit darem nie hier nie. Ek bly eerder stil en raak al stiller en hoop iemand vra dan uit oor my stilte. Toe iemand uiteindelik vra is jou stilte sommer niks. 

Maar rens in my eie gewete hoor ek 'n haan kraai en ek hoop ek kan weg wees voor hy drie keer kraai.

Matteus 16:24 Toe s Jesus vir sy dissipels: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon, sy kruis opneem en My volg,

Matteus 10:33 Maar hom wat My voor die mense verlon, sal Ek ook verlon voor my Vader wat in die hemel is."


Immanuel

Ons open met skriflesing en gebed. Ons begin die byeenkoms op 'n gepaste manier. Ons nooi die Here in by die vergadering. Ons begin die dag met Hom. Party sluit selfs af met Hom. Ons vra die sen. Ons dank. Ons bedank Hom vir sy teenwoordigheid.

En as dit gedoen is, voel net ons tevrede. Hoe Hy voel weet ons nie. Niemand noem weer sy Naam nie - behalwe op 'n ydellike wyse miskien. Hy het geen stemreg nie. Elkeen se bydrae begin met: "Ek voel ...".  Hy moet asseblief nie verder na ons luister nie. Ons het nog 'n paar grappe om te vertel en Hy sal dit sekerlik nie snap nie. Niemand wil nou meer hoor wat die Woord s nie en niemand mag nou meer dweep nie. Hier is nie vanaand dominees of pastore nie - so ligloop met woorde is uit.  

Die Woord s sy naam is Immanuel! Maar daardie woord verstaan ons nie!


Psalm 23 - deur 'n seun wat nie kon sober bly nie.

Die wynbottel is my Herder
alles sal my ontbreek
Hy laat my neerl in slote van smart
waar moeilikheid is, daar lei Hy my heen
Hy verwoes my siel
Hy lei my in die spore van geregtigheid om sy wellustigheid
Al gaan ek ook in n dal van groot armoede
dan sal ek geen raad neem nie, 
want my drank bly by my
Dit skop en stamp en pynig my
Drank berei n le tafel vir my en my huisgesin
My beker vol pyn loop oor
My skande en ellende sal my volg al die 
dae van my lewe en ek sal bly in
die huis wat verwoes is tot in lengte van dae

[Onbekend]


Psalm 23 
'n God-is-vergeet-weergawe

Die stroom van welvaart is my weldoener.
Niks sal my ontbreek nie;
Dit laat my neerl in groen weivelde;
Na rustige waters lei dit my heen;
Dit streel my maag.
Die geld lei my in die regte spore
Om sy naam ontwil.
Al gaan ek ook in 'n dal van doodskaduwee,
Ek sal geen onheil vrees nie,
Want my polis is by my.
My slaappoeier en my aspirine,
Di vertroos my.
Die welvaart rig vir my 'n dis aan
Voor die o van onderontwikkelde lande.
Hy salf my hoof met fraaie leuses,
My liefdadigheid loop oor.
Ja, vakansiebonus en kinderbystand
Sal my volg
Al die dae van my lewe;
En ek sal in die tempel van welvaart vertoef
Tot in lengte van dae.

[Vry vertaal uit die Nederlands: Jaap Zijlstra:]


Die gebed van n Griekwa

Ek slat my twee oge op.
My kyk vang die verste kop:
waavanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is van die Jirre, van Hom.
Hyt nou jimmel en Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is Hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
Innie naghou Hy gavaarlikheid dop.
Hys mos nou da om jou op te pas.
Jou siel hou Hy tussen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt.
Hys oor jou ewig en vir altyd.

[Onbekend]


Adam die Griekwa-Digter,
se weergawe van Korintirs 13.

al sal ek die tale van mense en van ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop geruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike parafienblik gekom raak.
al was ek so slim lat ek nuwe goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se liefde buite in die son gelat I,
dan is ek niks, hoor wat ek hierdie vandag vir jou s.
al gee ek my hele bokke weg, net om die eer te h,
dan sal al hierdie dinge my nou nog niks gepetaal
het nie as ek nie die liefde uit die jimmel kan geloop
haal het nie.
die regte liefde die se bek is nooit nie dik nie,
jy sien hom nie skinder en jy hoor hom nie klik nie,
hy skrywe die kwaad ok nie in boekietjies op nie.

[Onbekend]


Die 10 Gebooie word 10 beloftes

1.  As Ek die belangrikste in jou lewe is, sal jy geen ander gode wil dien nie, omdat jy My sal ken en weet dat Ek die enigste ware en lewende God is _ ek sal die ereplek in jou lewe h.

2.  As Ek in jou hart is, sal dit nie nodig wees om gesnede beelde van my te maak nie, want jy sal self My beeld wees.

3.  As jy My liefhet, sal My naam nooit 'n vloekwoord oor jou lippe kan wees nie, maar in alle omstandighede deur jou geer en gerespekteer word. 

4.  As Ek die ereplek in jou lewe het, sal die Sondag die hoogtepunt van die week vir jou wees. Dit sal vir jou 'n vreugde wees om in die gemeenskap van die heiliges My te aanbid. 'n Dag nie om na op te sien nie, maar om na uit se sien. 

5.  As Ek in jou lewe is, sal dit vir jou 'n voorreg wees om jou ouers te eer en lief te h. Dit sal nie vir jou moeilik wees nie, want agter hulle, sal jy My sien wat hulle vir jou uitgekies het. 

6. As jy in My liefde leef, sal jy nooit iemand wil seer maak nie, om iemand dood te maak sal nie eers in jou gedagtes opkom nie. 

7.  As jy My liefhet, sal dit nie moeilik wees om aan jou lewensmaat getrou te wees nie. As Ek 'n plek in julle huwelik het, sal julle vir mekaar lief wees, want julle liefde vir mekaar, is 'n beeld van My liefde vir julle. 

8.  As Ek op die troon van jou lewe sit, sal jy daagliks vra: Aan wie en waar kan ek aan 'n ander iets gee of goed doen en sal jy nie iets van 'n ander wil neem nie. 

9.  As Ek in jou lewe is, sal dit nie meer vir jou lekker wees om van 'n ander kwaad te praat nie. Deur My Gees sal jy 'n mens wees wat van 'n ander niks sal s as dit nie iets goeds is nie. 

10. As jy een is met My, sal My Gees jou tevredenheid gee om vergenoegd te wees met wat jy het, met die besef dat Ek gee soos wat jy dit nodig het. Wat Ek gee, is altyd genoeg en niks sal jou ontbreek nie - jou beker loop oor.

[Onbekend]


PSALM 23 (For busy people)

The Lord is my pace_setter; I shall not rush
He makes me to stop and rest at quiet intervals
He provides me with images of quiet stillness
He leads me in ways of efficiency
through calmness of mind
And His guidance is peace
Even though I have a great many things to
accomplish each day
I will not fret for His presence is here
His timelessness will keep me in balance
He prepares refreshment and renewal
in the midst of my activity
by annointing my mind with His oils of tranquility
My cup of joyous energy overflows; surely harmony
and effectiveness shall be the fruits of my hours
For I shall walk in the peace of the Lord
and dwell in His house FOREVER

[Onbekend]


Vergaderings
['n Ligte kykie na iets waarmee ons ou volkie so behep geraak het.]

Jy moet nooit die intelligensie van jou gehoor onderskat nie, en jy moet nooit my belangstelling in jou toespraak oorskat nie.

Ek is die gehoor en ek is vreeslik besig. Miskien nie so besig vandag nie. Vandag sit ek net en ek wag dat iets moet gebeur. Ek wag vir jou.

Vandag moes ek tyd gemaak het om na jou te sit en luister. Ek kon meer produktief gewees het as ek op 'n ander plek gesit het. Ek sou ten minste dalk nog iets gesien het ook.

Maar dis nie jou probleem nie. Dis jou beurt om 'n toeprakie of 'n prekie af te steek. So daarom moet jy maar praat, maar weet net dit: Jy moenie my tyd mors nie.

Ek gee nie om wie jy is of wat jou saak is nie, my lewe is aan die stilstaan terwyl ek sit en wag. Daarom moet jy my iets gee om te doen. Laat my self dink; moenie vir my dink nie; ek is jou gehoor.

Jy weet mos? Om na toesprakies en prekies te luister kan eentonig of aangenaam wees. En ek het al meeste van hulle gehoor. Ek hoor sommige van hulle weekliks, sommige maandeliks en ander jaarliks. Dit is deel van ons roetinre lewenswyse. Hoekom pos jy dit nie vir ons nie; ons kan self die le spasies invul.

Maar, ek is nou hier. Wat wil jy hierdie keer met my doen? Wil jy my motiveer? Wil jy my iets leer? Wil jy my iets wys? Wil jy h ek moet my siening verander? Wil jy my bendruk?

Doen dan net dit! Neem oor! Ek wil hier weggaan as iemand wat verander is. Jy is dit aan my verskuldig.

Jy sien, ek kan baie blitsiger dink as wat jy kan praat. Daarom het my gedagtes 'n hele klompie vrye tyd om in rond te dwaal waar hy wil. Doen my dus 'n guns en hou my gedagtes besig. Vul my met belangstelling. Ek wil nie net hier sit nie .... ek wil reageer op wat jy te s het. Ek wil betrokke wees.

Onthou! Ek is jou gehoor. Ek is die rede hoekom jy iets te s het. En onthou! Jy is meer betrokke by jou saak of onderwerp as ek. Jy weet waarvan jy praat en ek kan maar net raai. Hoekom neem jy nie bietjie van die vaagheid weg nie? Hoekom wys jy nie vir my wat jy bedoel nie?

Ek is jou gehoor! Ek het baie ervaring om aandagtig te lyk - sonder om ooit te hoor wat jy s. Toespraakmakers en preker het my deur baie sessies onwetend opgelei om betrokke te lyk sonder om regtig betrokke te wees. En as ek besluit om te luister, kan ek ook besluit om alles te vergeet om sodra jy klaar is. Maar, ek wil nie my tyd mors nie. Ek wil iets met my saamneem. Ek wil voordeel uit jou boodskap trek. Daarom moet jy my help. Dan sal ek luister. Miskien ook onthou. Ek is nie in staat om myself hiermee te help nie.

Ek is maar net jou gehoor!

[Onbekend]

Titus 3:9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.


Die Verlore seun

Daar was 'n man met twee seuns. Hy het vir die oudste seun ges: "Seun, gaan werk vandag in die wingerd." Maar die duiwel het die seun versoek en ges: "Het jy dan nie 'n jonger broer nie? Kan hy nie maar vandag die werk in die wingerd doen nie?" Die seun het toegegee deur na die duiwel te luister en aan sy vader geantwoord: "Ek wil nie! Laat my jonger broer vandag in die wingerd gaan werk." Die duiwel het gelag, want die seun was ongehoorsaam en die vader teleurgesteld.

Die gewete van die oudste seun het tot hom gespreek en ges: "Behoort alles van jou vader dan nie ook aan ju en jou broer nie?" Die oudste seun het na sy gewete geluister en in die wingerd gaan werk. En die duiwel was woedend.

Intussen het die vader vir die jongste seun ges: "Seun, gaan werk vandag in die wingerd." Die seun het ingestem en gegaan. Op pad na die wingerd het die duiwel hom ook versoek. Die duiwel het slimmer geword en soos die oudste seun se gewete gevra: "Behoort alles van jou vader dan ook aan jou en jou broer nie? Hoekom moet jy dan alleen in die wingerd gaan werk, terwyl jou broer by die huis is?" Die seun het aan die versoek van die duiwel toegegee en hy het in die veld gaan wegkruip.

Die duiwel het heerlik gelag, want die vader het gedink sy jongste seun is gehoorsaam en betroubaar. Die duiwel het ook die vrugbare aarde vir versoeking raakgesien en die jongste seun by sy wegkruipplek gaan opsoek. Daar het hy vir hom gevra: "Het jou vader regtig ges dat alles wat aan hom behoort, ook aan jou behoort? Mag jy jou deel van die erfdeel nou al kry, sodat jy onafhanklik van jou vader en broer ook ryk kan word. Moet jy soos 'n slaaf in jou vader se wingerd werk?"

Die jongste seun het in sy skuilplek begin droom oor vryheid, rykdom, onafhanklikheid ... "Ek wil nie so lank soos my ouboet afhanklik van my vader wees nie. Hy voel veilig as hy gebind word deur die rels wat ons vader vir ons neergel het. Ouboet is 'n papbroek, maar nie ek nie; ek wil vry wees en begin leef soos ek wil; ek wil slawe en vrouens en seuns van my eie h; ek wil ....."

In die laatmiddag het beide die seuns huis toe gegaan. Die oudste was te skaam oor sy optrede vroer die dag en het niks van sy werk in die wingerd ges nie. Die jongste het gemaak of hy moeg is en vertel van sy werk in die wingerd.

Nadat die oudste seun gaan slaap het, want hy was moeg, het die jongste aan sy vader ges: "Vader, u het mos ges dat alles wat aan u behoort, ook aan my en my broer behoort. Gee my dan nou die deel van die besittings wat my toekom, want ek wil u huis verlaat. Ek wil soos u wees. Ek wil ook so ryk en onafhanklik wees. Ek wil ook 'n sterk man word."

Die vader het toe die goed tussen hulle verdeel. Die jongste seun het alles wat hy gerf het, tot geld gemaak en van sy vader se huis af na 'n ver land toe vertrek. Daar het hy sy geld verkwis deur losbandig te lewe.

 

 


Ou Grootbek!

Twee van my karooneefs kom eendag by die see vir my kuier. Hierdie elfjarige Superkoos en dertienjarige Piet Staalfabriek, het nog net die see op televisie gesien en voor die televisie swem hulle sommer dwarsdeur die see. Jy sien, hulle is albei goeie swembadswemmers met 'n paar sertifikate vir lewensredding. [Almal in 'n swembad verwerf.]

Ek vat hulle see toe, maar ry aspris so 'n effense ompad, sodat jy die stuk blou water meteens en met een oogopslag kan inneem. Die heel pad kwetter dit in die motor, maar hoe nader, hoe stiller raak dit. En oor die laaste bultjie styg die groot dam voor ons op. Pietman sien dit die eerste van die twee en prewel iets. Dit klink asof hy Jesus se naam ydellik gebruik, maar omdat ons nie seker is dat dit ydellik was nie, s niemand iets nie. Hy vervolg met iets wat klink of hy na hulp vanaf die berge roep en spreek daarna, vir 'n lang tyd, nie weer 'n enkele woord nie. Dit is asof sy geloof in wat hy sien met stomheid getoets word. Die jongste dink die hele wreld se oseane l nou hier voor sy voete; net reg om geswem te word.

Die motor se wiele rol nog, toe trek Kleinkoos oor die wit sand, maar Pietman se sitvlak is aan die sitplek vasgelak. Ons probeer om vir Pietman krag in te praat, sodat hy kan uitklim, en om vir Kosie te keer. Pietman word deur 'n gees van hidrofobie beheers en Kleinkoos se versoeking roep harder as ons. Hy is al onderweg Antarktika toe. Nie eers die koue van die Benguela skrik hom af nie.

Net die eerste ordentlike breekbrander wat hy tekom kan hom stuit. Sommer so agteruit oefen hy 'n paar salto's en tuimels saam met die wit skuim van die brander. Nie een van die danige "lewensredders" - dis nou hy f sy ouboet - kom tot sy redding nie. Ek laat Piet se fobie maar begaan en storm die vlak water in. Ek val in die rede van Kosie se "h..h..lip" geroep deur hom bloot aan die arm te vat. Ek trek opwaarts aan sy lyf totdat sy kop vol seesand en o vol seewater hoog bo die water uitsteek. En toe hy eers kom voete kry, toe oefen hy eers. Hierdie keer is dit 'n ooreising van traanklier, spoegklier, longspiere en stembande. Ek praat harder as die see se gelag, maar Kosie sing sy traanlied. Ek skakel my stemkas oor na topgear, maar Kosie skree. Al die toeskouers dink ek wil die kind verdrink en kyk my met misnoe aan. En ek sukkel maar net om hom regop te hou.

Is dit nodig om te s, Kleinkoos is weer klein en hy speel nog steeds net in branders wat onder sy enkelhoogte bly. Pietman het eers met sy tweede seeontmoeting oor die skok van sy boetie se "verdrinking" gekom en dit buite die motor gewaag. Net om sy smekende boetie met die bou van 'n feetjie se sandkasteel te help.

Sien jy? As jy nie weet nie, moet jy nie praat nie [of gryp nie]. En as jy eers gered is, maak seker dat jy die ervaring wat jy opgedoen het, kan gebruik om jouself gered te hou.

'n Bekende seekenner, Sparks Esterhuisen, s altyd: "'n Mens draai nie jou rug na die see toe nie." Met die duiwel is dit anders - ons mt ons rug op hom draai en hol. Hy mt sien, ons wil niks met hom te doen h nie. En ons moet met oop o weghol, anders val ons vas in die truuks waarmee hy ons mislei.


Versoek soos die meester van versoekings

Die kuns om versoek te word Ek ken 'n ou en miskien ken jy hom ook, wat die kuns van versoek vervolmaak het. Ek dink sy naam is Sarel Snelrat. Hy het in Klerksdorp gewoon en hy het vreeslik daarvan gehou om te dise. [Dis mos om nie-amptelik resies teen ander ouens te jaag.]

Tussen Klerksdorp en Potchefstroom is daar 'n dubbelpad; jy weet mos; twee paaie langs mekaar; met die een gaan jy Klerksdorp toe en met die ander een Potchefstroom toe. Tussen die twee paaie was daar 'n digte ry bome, met net so hier en daar 'n ylte in die digtheid.

Sarel het hierdie pad geken; hy het baie keer sommer net vir die lekker gou-gou Potch toe gejaag om sy GT oefening te gee. Hy het ook goed geweet waar die verkeersdepartement wil h jy nie die spoedgrens moet oorsteek nie en op daardie plekke het daar altyd 'n wit motor met 'n blou lig gestaan.

Alhoewel hy die pad ken, ry hy maar heel stemmig Potch toe met die doel om te verken en om sy GT op te warm. Huis toe vat hy die perde onder die enjinkap vir 'n ordentlike galop en hy weet presies waar die spoedgrens ook vir hom geldig is.

Maar sy geliefkoosde speletjie was om die konstabels van die verkeersdepartement te help en om te kyk hoeveel ouens hy in een Sondagmiddag kan laat sneuwel. Jy sien, Saterdae het hy sy GT getune en Sondae het hy die GT getry. As hy sommer hier voor in Potch sy draai maak en hy staan by die laaste rooi lig, dan pomp hy sy GT se longe net hard genoeg om die motoris langsaan se adrenalien ook te laat styg. En as hulle vir mekaar duime wys en die robot slaan groen, dan trek hulle albei los en val die vinnige Klerksdorppad met 'n vreeslike vaart aan.

Maar onthou nou, Sarel weet waar die spoedgrens geldig is en net so voor die gevaarliker sone, laat hy sy vyand maar begaan. By die wit kar met blou lig kry hy dan ook gewoonlik weer die ander ou; nie baie vriendelik nie en met 'n vreeslike ingewikkelde lyftaal. Maar Sarel bly die vriendelikheid van self en groet sy opponent soms met: "Toe maar, jy't gewen, jy was eerste hier!"


Die meester van versoekings het nog altyd dieselfde strategie wat nog steeds werk.

Vir Adam en Eva het hy gevra:

"Het God regtig ges jy mag nie van hierdie vrugte eet nie?" "Het julle dan nie 'n wil van julle eie nie? Mag julle nie self hieroor besluit nie?" "Gaan julle nie dalk soos God word, as julle dit doen nie?"

Vir Jesus in die Woestyn het hy gevra:

"Het Jy dan nie die mag om van klippe brode te maak nie?" "Het God dan nie ges Hy sal Jou beskerm nie?" "Wil U dan nie U eie baas wees nie? Ek sal al die koninkryke aan U gee."

Vir Jesus aan die kruis het hy deur mense versoeking gestuur:

"As U die seun van God is, red Uself." "As U die koning van Israel is, kom dan af van die kruis af."

Vir my vra hy daagliks:

"Is jy dan nie jou eie baas nie? Dan kan jy mos maak soos jy wil." "Het God regtig ges jy is Sy kind en sal Hy regtig vir jou sorg?"

Maak hierbo sluit in: doen, ry, praat, eet, drink, leef, .....

Vir Sarel Snelrat het hy gevra:

"Moet jy jou laat bind deur allerhande wette? Het die staat die reg om te s hoe vinnig jy mag ry? Is jy dan nie jou eie baas nie?" "Is dit dan nie die ander ou se eie skuld as hy val vir die versoekings wat jy oor sy pad bring nie?"

[Gepraat van wette .... die wetboek van Suid-Afrika is 31 volumes dik. Elke volume het omtrent 1 900 bladsye. Vanaf 1910 is daar 6 181 wette in hierdie wetboek opgeteken. Lekker baie wette om te oortree, as jy nie die tien gebooie wil oortree nie.]


Rekonsiliasie

Ek het al gehoor dat rekonsilieer iets met rekeningkunde te doen het, maar van rekeningkunde weet ek maar weinig. Amper net so min as waarvoor die woord nou eintlik in hierdie moderne eeu 'n skoon baadjie kom aantrek het. En nou moet ek erken, toe ons soos bankstate en joernale deur 'n komitee tot rekonsilie geroep is om te kyk wie skuld nou nog vir wie 'n verskoning of 'n vergifnis, het die woord vir my gans te veel gerym met konsternasie, inflammasie of konstipasie. Ek het nou nie juis vir my in di prentjies gesien nie.

Toe sit die Vader my op 'n trein. Laat middag, sommer met die uitry uit my dorp, s maar Spoegfontein, kry ek met konsternasie te doen. In die tesourus het dit iets te doen met gevoel, stryd, verras wees, .... onthuts wees ..... en dit klink vir my na die regte een. Op 'n brug staan 'n klomp kleintjies en spoeg af op die passasiers. Hulle mis my net-net. Net daar en dan ontneem hulle my van een van die lekkertes van treinry - om te kyk hoe die spoorwurm sy kop uit die dorp se nate steek en koers vat die vlaktes in.  Dadelik loop daar 'n fontein van ergernis in my oor. Ek voel hoe die negatief in my keel kom opstoot. Ek voel 'n woede teenoor my eie dorp se gekleurde laaities - sommer teen baie meer as net die laaities. Ek neem my voor om eendag, as ek weer terug is, ook vir 'n trein op die brug sal gaan wag en dan sal ek die ouens met sulke morsige maniere, sommer iets aandoen.  Met klippe gooi of met 'n sweep of 'n kettie bydam. Dis 'n morsige dorp di. Ons spoeg op reisigers en het ook die meeste bedelaars in ons strate en hoere op die hoek by die kerk.  Dit is ook sommer dadelik net na hierdie gedagte dat ek besef dat om op die brug te gaan wag, nie die spoegters en boemelaars en die slette sal laat verdwyn nie. Ek weet nie wat my fontein laat bedaar het nie - miskien die kalmerende klik-klak van die wiele wat nou sommer met 'n ander spoed teen die spore stamp.

Vroegaand. Die trein se geklak raak stadiger. So klink dit mos as daar iets is om te sien. 'n Stasie of iets. Ek wis dat dit nie 'n groterige plek kan wees nie, want die rit is nog net te jonk om klaar te wees. Die dorperigheid daag op. Dit bestaan uit hier en daar 'n lig wat miskien 'n straatlig kon gewees het en 'n paar le doppe steen en sement wat weleer waarskynlik nog die huise van spoorwegmense was - jy weet mos - die ouens aan die verkeerde kant van die spoor. 'n Verlange na die outyd kom klim hier in my hart - toe selfs die ou spoorweg nog 'n groot besigheid was.  'n Heimwee en 'n bitterheid stry vir 'n plek in my hart. Wat is nou eintlik die verkeerde kant van die spoor? Was die regte kant nie maar al die jare die verkeerde kant nie? Wat het hulle met my land gemaak? In watter hulle se kant is ek nou eintlik?

Gruisleegte. Die plekkie sit so hier eenkant op die oop vlaktes dat hy eintlik te veilig lyk. Ek vergeet skoon dat my dorp se stasie toegekamp is met doringdraad en dat niemand jou langs jou eie trein mag groet nie - alles ter wille van veiligheid. Daar is nog 'n verrasende verskil. Vroer se ou stasietjie was stil en verlate, maar vanaand wemel dit van die mensdom. Nou besef ek, ek het te lank laas trein gery. Tye het verander en ek voel hoe die warmte oor treinry in my keel kom sit.  Ek vat nog so deur die venster aan die aandlug en ruik  die gruisies op die perron ruik nog na steenkool, toe knetter die klein klippies teen die trein en deur die vensters en spat in die nou gangetjie rond. 'n Paar opgeskote knapies van hierdie dorp val die trein met perrongruis aan. Ek is nog nie raak gegooi nie, maar onstel my hewig. Ek gaan aan't skelle maar kry nie woorde oor my woede nie. Die vyand lag uit sy maag uit en ek trek my woedend terug in my kompartement. 

My binnegoed is ontsteld en branderig, amper soos 'n ontsteking of inflammasie.  Nou sien ek ook eers raak dat die ou stasietjie se gebou nie meer 'n enkele heel venster oor het nie. Daar is ook niemand in die ou geboutjie nie. Dit lyk of dit veiliger buite op die perron sal wees as om binne die mure van hierdie siersteendop te moet werk. Nrens is 'n spoorwegman nie. Niemand wat toesien dat die spoorweg se weg in orde is nie. Niemand om die orde te handhaaf nie.  Daar kom so 'n leegte van gevoel in my op. So iets soos: nou voel ek ook vere wat van alles en almal gaan word. 

Klipdorp. Vroeg in die nag. My bestemming. Waar ek jare gelede grootgemaak is. 'n Dorp so na my hart met vaste fondamente soos dit mos by 'n dorp hoort. Hier sal nie spoegters of gruisgooiers of doringdraad om die stasie wees nie, want dit is my dorp. Ek staan nog so en kyk nan die bekende ligte en prentjies van die nag, toe klap die eerste skote. Iemand val die trein aan met sommer ordentlike skietgoed. Die klippe maak 'n groterige geraas teen die trein en gelukkig word geen venster raakgeskiet nie. In 'n sementsloot so effens verder sien en hoor ek hoe 'n paar wit en / of donker klonge die trein met ketties aanval. Hulle het ons so gemaak. Wie die hulle is, weet ek nou eintlik nie meer nie. Wie die vyand was, weet ek ook nie eintlik meer nie. My hart en miskien ook my maag verander in klip.

Die stasie is goed gedoringdraad en ek weet ook hoekom - kamtig ter wille van my veiligheid. Het niemand dan al gehoor van die spoegters en die gruisgooiers en die kettiereglement net buite die grensdraad van die stasie nie. Ek verlang onwillekeurig na my Spoegfontein.  

Skielik, net soos die aanvalle uit die donker, onthou ek iets wat jy gedoen het. Ek onthou hoe ons saam trein gery het na die grens - toe ons nog soldate was. Ek onthou hoe hulle langs die trein gehardloop het en gebedel het. Nou weet ek .... daar is nie net bedelaars in een plek nie. 

Ek onthou hoe hulle moes kaalbas dans om 'n stukkie van jou ou brood en baie van jou koggel te verdien. Ek onthou hoe jy 'n paar sente met die sigaretaansteker warm gemaak het en by hulle bak bedelhande ingegooi het. Ek onthou hoe jy klappers in 'n broodjie gesit het en hoe die broodjie uitmekaar ontplof het net as een van hulle na hom gryp. En hoe jy in 'n koeldrankbottel gepiepie het. En hoe jy hulle geskel het met die liederlikste woorde. En hoe jy hulle bang gemaak het met jou geweer. Ek besef ook weer .... hoere en boemelaars en mense soos jy is oral.

En ek onthou hoe hulle ogies gelyk het. En hoe my hart gevoel het. Die seer in ons o en harte was op ons gesigte te sien. Ek onthou hoe jy dit geniet het en my gekoggel het. Ek onthou hoe my gesig die rede was dat jy net erger geraak het. Nou weet ek wat rekonsiliasie is. Ek betaal vir wat ek nie gedoen het nie. Hy deel uit wat hy nie gekry het nie. En ek wonder .... hoe ervaar jy dit?  En ek weet ook .... verloners en verraaiers en lafharte en mense soos ek is ook oral.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


Tuisbladsy en bladsye op dieselfde vlak as hierdie een:
 
Genesisbladsy ] Kinderdinge ] Kerkdinge ] Bybeldinge ] [ Mensdinge ] Getalle-Goeters! ] Liaseerboompie ]

E-Pos