Goeie Maniere

Tuisbladsy en kinders van hierdie bladsy:
Genesisbladsy ] Boontoe ]

 

51 dinge wat ons maar by ons kinders kan inskerp en waarin ons maar 'n voorbeeld kan wees!

'n Mens moet respek betoon teenoor ouer mense. Tree behulpsaam op teenoor jonger, ouer en swakker persone. Veral seuns moet hul sitplek aanbied vir ouer persone. Maak 'n motordeur oop - nie net mans vir vroue nie, maar ook vroue vir 'n ouer vriendin of moeder.  Kinders kan raas of 'n pak slae vryspring en die lewe vir hulself baie vereenvoudig deur dadelik nadat hulle 'n fout begaan het, te se: Ek het dit gedoen. Ek is jammer. Hulle moet leer om dikwels asseblief en dankie te s wanneer dit ook al nodig sou wees en om altyd te s Dankie Mamma of Ja, Ouma en nie net dankie of ja nie. Ander mense se briewe mag nie gelees of oopgemaak word nie. Ander mense se gesprekke mag nie afgeluister word nie - ook nie telefoongesprekke nie. 'n Mens dra nie stories aan nie en praat nie kwaad nie. 'n Mens moet liewer 'n voorval verswyg as om dit oor te vertel as jy weet dat dit kwade gevoelens sal veroorsaak. Gesinslede moet lojaal teenoor mekaar wees en mag nie uit die huis praat nie. Dit getuig van slegte smaak as 'n man en vrou of enige gesinslede mekaar voor ander mense afkraak of skerp woorde wissel. 'n Mens moenie stories aandik nie, met ander woorde jy moet die waarheid praat. 'n Mens mag nie vra hoeveel ander mense se besittings soos hul huis, motor of klere gekos het nie. Jy moet altyd eers klop voordat jy 'n deur oopmaak en instap. Deure moet sag oop_ en toegemaak word. Deure wat toe was, moet weer agter jou toegemaak word. In ander mense se goed mag nie gekrap word nie - al is dit jou broers, susters of ouers se goed. Dis lelik om met 'n vinger na enigiemand te wys of te beduie, veral as dit 'n kreupel, vet, of enigsins eienaardige persoon is, 'n invalide of enigiemand met 'n fisieke gebrek moet net soos alle ander mense behandel. Groet byvoorbeeld iemand deur sy linkerhand te skud as hy nie 'n regterhand het nie. 'n Mens maak nie persoonlike aanmerkings oor enigiemand se gebrek, naels of hare nie. Hoes en nies altyd in 'n sakdoek, met die gesig weggedraai van die naaste mense. Moenie in die openbaar in jou tande, ore, neus of enige ander plek krap nie. Gaap altyd met die hand voor die mond. Probeer om nie in die openbaar enige senuweeagtige gebare te maak. Moenie in die openbaar hard praat, raserig of baldadig optree nie. Dis lelik om op straat te loop en eet of drink. 'n Radio, platespeler of kassetspeler moet so sag gestel word dat dit nie ander mense pla. Daag altyd betyds by 'n plek op. Vra om verskoning as jy in enige openbare plek, soos by 'n wedstryd of konsert, by ander moet verbyskuif. Moenie met lekkergoedpapiere of programme raas of gesels terwyl enige vertoning of lesing aan die gang is nie. Veral soggens en oral waar jy mense vir die eerste keer die dag sien, moet jy vriendelik groet. Moet nooit opsigtelik na 'n horlosie kyk as iemand met jou praat of terwyl jy na 'n les, toespraak of preek luister nie. Ou vriende, familie of enigiemand aan wie jy voorgestel word, moet vriendelik en met 'n stewige handdruk gegroet word terwyl jy in die persoon se o kyk. 'n Mens moet die telefoon beleef en vriendelik antwoord en so kort moontlik oor die telefoon gesels. 'n Glas water, koeldrank of melk moet altyd op 'n piering of klein skinkbordjie vir iemand gebring word. Gee voorwerpe soos 'n mes of skr altyd aan met die hef of handvatsel in die rigting van die ontvanger. Tel iets wat iemand laat val het, gou vir hom op. 'n Mens moet maklik ekskuus of jammer se as jy' aan iemand gestamp het of enigiemand se gevoelens of die persoon fisiek seergemaak het. 'n Uitnodiging moet dadelik beantwoord word. 'n Bedankingsbrief moet geskryf word vir 'n geskenk, 'n oornagkuier, vakansie of spesiale ete. Moenie 'n vreemdeling se koerant, boek of tydskrif saam met hom/haar probeer lees nie: veral nie oor sy of haar skouer nie. Tree in die algemeen bedagsaam teenoor ander mense op. Wees bedagsaam teenoor gesinslede deur byvoorbeeld nie iemand wat rus, wakker te raas nie. As jy laat is vir ete, of iets anders, s: Jammer dat ek laat is. As jy opstaan van tafel terwyl ander nog eet, s: Verskoon my asseblief. Laat weet as jy nie vir ete tuis sal wees nie en s as jy rens heen gaan. Staan op as iemand jou groet of as iemand vreemd die vertrek binnekom. Haal jou hoed af as jy iemand groet. Kom altyd rels na: Of jy nou speel of werk.

[Die ou paar dingetjies hierbo het ek 'n paar jaar gelede al in 'n toe al ou Huisgenoot raakgeloop. Ek onthou nie veel meer van al die besonderhede wat jy sal wil h ek moet ook h nie, maar verbeel my dat dit verskaf is deur ons getroue Ta' Emsie. As jy kan help met meer inligting hieroor, sal ek jou dankbaar wees.]

 


Filippense 4:18  Julle gawe is voor God 'n offer met lieflike geur, vir Hom aanneemlik en welgevallig.

 

Tuisbladsy en bladsye op dieselfde vlak as hierdie een:
 
Genesisbladsy ] Boontoe ] [ Goeie Maniere ] Meetsnoere ]

E-Pos