|
| |

Die Bybeldinge wat die doel van hierdie webspasie saamvat!
Deuteronomium 6:5 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en
siel, met al jou krag.
Matteus 10:28 Moenie bang wees vir dié wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie. Nee, vrees Hom eerder wat sowel die
liggaam as die siel in die hel kan laat vergaan.
Matteus 22:37 Jesus antwoord hom: "`Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele
hart en met jou hele siel' en met jou hele
verstand.
Markus 12:30 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart
en met jou hele siel en met jou hele
verstand en met al jou krag.
1 Tessalonisens 5:23 Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na
gees, siel en
liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom!
Die volgende tabel wys hoe dinge mekaar oorvleuel en hoekom hierdie verse
van ons hele wese melding maak:
| Hebreeus |
Grieks |
ebab
{lay-bawb'}
leb {labe}
hart,
verstand, innerlike, siel, denke, gewete, emosies, gevoelens, wysheid, |
kardia {kar-dee'-ah}
hart, setel van fisiese en geestelike
lewe, siel, verstand, stel van gedagtes,gevoel;ens, begeertes, gevoelens,
doelstellings, belewenisse, ervarings, emosies, die senter van binnste
deel van alles |
nephesh {neh'-fesh}
siel, self, lewe, skepsel, persoon,
verstand, wese,begeerte, emosie, passie |
psuche {psoo-khay'}
siel, lewe, verstand, hart, wese
|
koach {ko'-akh}
kowach {ko'-akh}
sterkte, krag,
vermoë, magverkleurmannetjie, vrugte, stof, rykdom |
dunamis {doo'-nam-is}
krag, magtige werk, sterte, deug,
magtigheid, (dinamies, dinamiet) |
beten {beh'-ten}
om hol te wees, maag, ingewande, van binne, gebore, liggaam |
soma {so'-mah}
liggaam, liggaamlik, slaaf
|
ruwach {roo'-akh}
gees of Gees, wind, asem, kant, verstand,
skoot, lug, woede, koel, moed |
gnome {gno'-may}
oordeel, verstand, doel, advies, wil,
instem, setel van kennis, rede, siening, onderskeiding |
machashabah {makh-ash-aw-baw'}
machashebeth {makh-ash-eh'-beth}
gedagtes, doel, werk, verbeelding,
uitgevind |
dialogismos {dee-al-og-is-mos'}
gedagte, redevoering, rede,
verbeelding, twyfel, redenasie |

En die leuse van
hierdie webspasie!
Hebreërs 4:12 Die woord van God is lewend en kragtig. Dit is skerper as
enige swaard met twee snykante en dring deur selfs tot die skeiding van
siel
en
gees
en van
gewrigte
en
murg. Dit beoordeel die
bedoelings en
gedagtes van die
hart.


CountZ.com

|