Foto Album / Photo Album

Bladsy 1/Page 1

Musiek/Music

Koerantuitknipsel van 40 jaar gelede:

Oom Fred Myburg, ‘n grootoom van die Voorsitter (84 jaar oud) van Johannesburg het by die Bond navraag gedoen oor dié baadjie. Hy het die koerantuitknipsel ongeveer veertig jaar gelede in ‘n Transvaalse koerant gesien en dit al die jare bewaar. Die Voorsitter het met sy besoek verlede jaar aan die Kaap die baadjie by een van die Raadslede Mnr Koos Myburgh opgespoor. Die baadjie is nog in baie goeie toestand, en presies soos in die koerant beskrywe. Volgens Koos was ons stamvaders destyds baie betrokke by die Militêre instansies van daardie tydperk. En volgens oorlewering wil dit voorkom of die draer van die baadjie een of ander militêre offisier was met die rang van kaptein. So was ook die afstammelinge van hierdie stamvader deur die jare tot huidiglik, militaristies van aard en die meeste van hulle lief vir jag en vuurwapens.

Freek Myburg by die geskiedkundige baadjie wat hy by Jacobus Myburgh van Heldersig, Paarl opgespoor het. Koos se vader het dit van sy grootvader gekry en so het die baadjie oor die 330 jaar ongeskonde gebly.

Freek Myburg en Jacobus Myburgh by die geskiedkundige baadjie wat deur ons stamvader, wat 330 jaar gelede vanaf Holland na die Kaap gekom het, gedra was.

Joostenberg 1756

Een van die familieplase, Joostenberg, is 'n Historiese Monument en eiendom van die vorige Bondsvoorsitter, Wyle P.A. Myburgh. Joostenberg is tans in besit van sy seun Philip. Dit is ook hier waar, op inisiatief van Mnr P.A.Myburgh, die die Genealogiese Genootskap van S.A. in 1964 gestig is.

Joostenberg is tans die oudste bewoonde Hollandse huis in die Kaap, met een van die enigste oorblywende Holbol (Konkaaf-konveks) gewels.

 Na bladsy 2/To page 2

 Terug na Tuisblad/Back to Homepage