Nuut verkose Voorsitter en Raadslede

 

Op ‘n Raadsvergadering gehou op die 16/5/98 te Joostenberg, een van die Myburghfamilie-plase, tussen die Paarl en Kaapstad, is Mnr Freek Myburg, van Saamwerk, Aliwal-Noord, eenparig verkies as Voorsitter / Genealoog van die Myburghbond van S.A.


 

Foto van Raadslede

Ander raadslede van die Bond is:

  Mnr Geoffrey Myburgh, 9 Morris Road, Claremont, Cape. 7708 (Tesourier van die Bond)

Tel : 021-618148

 Mnr Jacobus Myburgh , Heldersig, Paarl. 7622.

Posbus 125, Paarl 7622

 Mnr Jan Myburgh, De Myekelders, Muldersvlei.( Seun van P.A. Myburgh Snr )

Posbus 20, Elsenburg 7607 ( Tel: 021-8844053 )

 Mnr Johannes Myburgh, Monaco-woonstelle 508, Strand. 7140

Tel : 021-8535277

 Mnr Philip Myburgh, Joostenberg, Muldersvlei. ( Seun van P.A. Myburgh Snr )

Posbus 4, Elsenburg 7607 ( Tel : 021-8844425 )

 Mnr Wouter Theron Myburgh, Dagstêr, Morreesburg. 7310

Tel/Fax 0264-32620

 

Mnr Freek Myburg volg Mnr Philip Myburgh Snr van Joostenberg op, wat hierdie belangrike amp vir ‘n grootste deel van sy lewe beklee het. Oom Philip Myburgh is in 1992 oorlede en op Joostenberg begrawe. Op die vergadering het die Raad dan ook hulde gebring, en hulle dank uit gespreek namens alle familietakke, vir die geweldige belangrike taak wat hy gedurende sy lewe as Voorsitter en Genealoog vir die familie verrig het. Oom Philip was ook verantwoordelik vir die publisering van die eerste Familieregisterboek, "Die Myburghs van Suid Afrika".

Die nuwe Voorsitter, Freek Myburg, het sedert 1983 reeds as lid en later raadslid, saam met sy voorganger Oom Philip, gewerk met die opskrywe van lede van die familie veral in die Oos Kaap en Vrystaat. Daar die eerste boek nog nie al die familiename volledig bevat nie, het die Voorsitter reeds sedert Oom Philip se afsterwe begin om die boek in 'n rekenaarprogram in te voer, sodat nuwe aankommelinge vinniger opgeneem kan word. Daar is nog sowat 1500 name uitstaande en in sommige gevalle hele familietakke.

Die Raad het dan ook besluit dat ‘n tweede uitgawe van die Geslagregister binne die volgende drie jaar gedruk gaan word en doen ‘n dringende beroep op alle Myburghs in die land om onverwyld die Voorsitter te kontak, sodat hulle familiename opgegee kan word. Selfs die takke wat reeds in die vorige boek verskyn sal ook vanselfsprekend nuwe geboortes in hulle takke hê.

 

  Terug na Tuisblad/Back to Homepage