Lichtenburg: (by/deur Lichtenburg Museum, POBox/Posbus 7, Lichtenburg 2740, South Africa - Tel. (+27) 018-632 5051; Fax. (+27) 018-632 5247; Cell.08292 45983; museum@lichtenburg.co.za
Homepage - Tuisblad * Tourism Info (English) * Toerisme Info (Afrikaans) * Anglo Boer War / Anglo-Boereoorlog * Accommodation and Restaurants * Akkommodasie en Restaurante * Museums (English) * Museums (Afrikaans) * History of Lichtenburg * Geskiedenis van Lichtenburg * One Stop Search Engine Page * e-maile-pos

Zeerust

(± 80km vanaf Lichtenburg)

Zeerust was oorspronklik Coetzee-Rust, vernoem na Diederick Coetzee, die eienaar van die plaas Hazenjacht. Op 20 Maart 1867 is die eerste erwe van die nuutgestigte Coetzee-Rust per openbare veiling te Potchefstroom verkoop. Later is die naam Coetzee-Rust na Zeerust verkort. Munisipale status is egter eers op 18 Maart 1936 verkry.

Zeerust is geleë in die verste wesgeleë gedeelte van die ou Transvaal (noordwes in die huidige Noordwes provinsie), 1 187 m bo seespieël, 241 km wes-noordwes van Johannesburg en op die hoofspoorlyn na Zimbabwe en Botswana.

Neerslae van verskeie soorte semi-edel en onedel metale word in die distrik gevind en kroon, mangaan, vloeispaat, lood en andulusiet word in 'n mindere of meerdere mate ontgin. Met die verbeterde ontginnings- en verwerkingsmetodes, is die distrik bestem om 'n belangrike produseerder op hierdie gebied te word.

Die ditrik is bekend vir sy beesboerdery terwyl die gelyk landstreek ten suide en weste geskik is vir koring- en skaapboerdery. Koring, tabak, vrugte en groente word onder besproeiïng uit drie besproeiïngdamme in die distrik gekweek.

Zeerust beskik oor 'n goed-toegeruste biblioteek wat groot aftrek geniet. Daarbenewens is daar twee Afrikaansmediumskole met moderne koshuise vir seuns en dogters.

Toerisme Inligting

Openbare Biblioteek, Posbus 92, Zeerust 2865
Te1(018) 642 3713

Besienswaardighede

"Church of St John the Baptist". Opgerig in 1873, was dit slegs die derde Aglikaanse kerk noord van die Vaalrivier. Nasionale Monument.

Dinokana Sendingstasie Lehurutshe. ‘n Lutherse Sendingstasie gebou in 1889.

Hermannsburg Sendingstasie Lehurutshe. Gestig in 1859 vir diens onder die Bahurutshe van Hoofman Moiloa. Na aanleiding van die hoofman se wens, het die sendingstasie beide ‘n kerk en skool geword.

Ikalafeng Monument. ‘n ZAR Goewerment-verteenwoordiger het die Bahurutshe gevra om ‘n fortifikasie af te breek en ‘n 5m hoë hoop klippe wat toe opgestapel is, het ‘n monument van vrede geword.

Kaditshwene Ruïnes. Die oorblyfsels van die Hurutshe-hoofkwartier, bevestig die besetting van hierdie grond deur die Tswana in die vroeë 1800s.

Kleinfontein Gedenkteken. Merk die plek waar die Boere die hewige westelike inval van die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog tydelik gestuit het. Die Britte het hier tien keer meer manne verloor as die Boere.

Livingstone Sendingstasie Lehurutshe. Livingstone het hier sy eerste Afrika-sendingstasie gevestig, by Mabotsa. Die ruïnes van die huis, kerk en dam deur hom gebou is steeds sigbaar. ‘n Bronsplakaat merk die plek.

Maroela Kop. ‘n Ystertydperk nedersetting 50km noord van Zeerust waar ‘n ongewone klipmuurkonstruksie en getuienis van ystersmeltery nog gevind word.

Mosega-monument. Herdenk die strafekspedisie teen die Matabele by Zendelings Post in 1837.

Zeerust Biblioteek. ‘n Kosbare kultuurhistoriese uitstalling van voorwerpe uit die geskiedenis van die area. Tel (018) 642 3713.

Buitelewe

Damme. Liefhebbers van die waters kan gerus die Maricobosvelddam en Kromelmboogdam naby die dorp besoek.
Madikwe Wildreservaat. Die "Groot Vyf" kan hier gesien word. Madikwe beteken "Afrika in sy Grootheid". Met 57 000ha, is dit Suid Afrika se vierde grootste wildreservaat, en huisves ‘n ryke verskeidenheid fauna en flora. Tel (014778) 891.

Akkomodasie

ZEERUST- HOTEL
Abjaterskop Hotel *** Tel (018) 642 2008

ZEERUST- CHALETS & OORDE
Klein Marico Vakansieoord Tel (018) 646 0146
Kleinfontein Wildplaas Tel (018) 642 1512
Melorani Wildplaas Tel (018) 642 1343
Madikwe River Lodge Tel (014778) 891/2
Motswari Game Lodge Tel (018) 642 1994
Thaha Tshimo Game Lodge Tel (018) 642 1364 Tholo Lodge Tel (018) 642 3631 / 082 452 2122

ZEERUST - GASTEHUISE / "BED & BREAKFAST"
Marico Bosveld B&B Tel (018) 642 3545
Lotteringskraal Tel (018) 642 1208
Ouma Marie Gastehuis Tel (018) 642 1927
Sha-Henné's Tel (018) 642 1434 / 083 725 6673
Weer-Rust Tel (018) 642 3223
Wonderhoom Gastehuis Tel (0142862) ask for 1321