Lichtenburg: (by/deur Lichtenburg Museum, POBox/Posbus 7, Lichtenburg 2740, South Africa - Tel. (+27) 018-632 5051; Fax. (+27) 018-632 5247; Cell.08292 45983; museum@lichtenburg.co.za
Homepage - Tuisblad * Tourism Info (English) * Toerisme Info (Afrikaans) * Anglo Boer War / Anglo-Boereoorlog * Accommodation and Restaurants * Akkommodasie en Restaurante * Museums (English) * Museums (Afrikaans) * History of Lichtenburg * Geskiedenis van Lichtenburg * One Stop Search Engine Page * e-maile-pos

Kronologie van die Anglo-Boereoorlog

1899: Voorspel

31 Mei-5 Jun Bloemfontein Konferensie
8 Sept

Britse Kabinet besluit om 10 000 man te stuur vir Natal se verdediging.
26 Sept Penn Symons laat troepe optrek na Dundee.
27 Sept Kruger kommandeer Transvaal se burgers op, en oortuig Steyn om spoedig dieselfde
in die Vrystaat te doen.
7 Okt Britte mobiliseer '1st Army Corps' ens. White arriveer in Durban.
9 Okt Kruger stuur ultimatum

1899: Oorlog

11 Okt Ultimatum verstryk en die oorlog breek uit.
12 Okt Slag van Kraaipan - eerste skote van die oorlog Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
14-16 Okt Boere begin beleg van Kekewich in Kimberley en van Baden-Powell in Mafeking. Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
20 Okt Penn Symons val aan by Talana. Muller gee oor.
21 Okt Slag van Elandslaagte.
24 Okt Slag van Rietfontein.
30 Okt 'Mournful Monday': Joubert uitoorlê White by Slag van Ladysmith (Modderspruit) en Carleton word gedwing om by Nicholson's Nek oor te gee.
31 Okt Buller gaan by Kaapstad aan wal.
2 Nov White se 'field forces' aanvaar beleg van Ladysmith.
15 Nov Botha vernietig gepanserde trein tussen Frere en Chieveley.
22-3 Nov Slag van Willow Grange.
23 Nov Einde van Botha en Joubert se segetog suidwaarts in Natal in. Methuen se eerste geveg: Belmont.
25 Nov Methuen se tweede geveg: Graspan.
26 Nov Holdsworth, met die Linchwe-Afrikane, val die Boerelaer by Derdeport aan.
28 Nov Methuen se derde geveg: Modderrivier.
7 Des Hunter se nagaanval op die Long Tom wat Ladysmith beler.
10 Des Gatacre se ongeluk by Stormberg.
11 Des Methuen se terugslag by Magersfontein.
15 Des Buller se eerste terugtrek: Colenso.
18 Des Roberts aangestel om Buller op te volg as "C-in-C" in Suid Afrika, met Kitchener
as Hoof van Staf.
26 Des Baden-Powell se mislukte aanval op Game Tree Fort.
29 Des Duitse posstoomboot Bundesrath onderskep deur Royal Navy.

1900:

6 Jan Boere val Caesar's Camp en Wagon Hill (Platrand) aan by Ladysmith.
10 Jan Roberts en Kitchener arriveer in Kaapstad.
24 Jan Slag van Spionkop
5-7 Feb Vaal Krantz gevat en gelos.
11 Feb Roberts begin groot opmars en nuwe strategie.
14-27 Feb Buller se vierde poging om Ladysmith te ontset.
15 Feb French ontset Kimberley.
18 Feb Slag van Paardeberg.
27 Feb Oorgawe van Cronjé by Paardeberg.
28 Feb Buller ontset Ladysmith.
7 Maart Slag van Poplar Grove. Kruger ontsnap.
10 Maart Slag van Driefontein.
13 Maart Bloemfontein word ingeneem.
15 Maart Robert se eerste proklamasie: amnestie behalwe vir leiers.
17 Maart Boere-Krygsraad by Kroonstad.
27 Maart Dood van Joubert.
31 Maart De Wet lei Broadwood in lokval by Sannaspos.
4 Apr Oorgawe van Royal Irish by Reddersburg.
3 Mei Roberts hervat opmars na Pretoria.
4 Mei Mahon se ontsettingmag vertrek na Mafeking. Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
11 Mei Buller hervat aantog.
12 Mei Roberts beset Kroonstad, slaan Eloff se aanval op Mafeking af. Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
14 Mei Buller uitoorlê Boere van Biggarsberg.
17 Mei Mahon en Plumer ontset Mafeking. Einde van Beleg van Mafeking. Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
28 Mei Anneksasie van Oranje vrystaat geproklameer: herdoop tot Oranjerivier Kolonie.
31 Mei Roberts neem Johannesburg in.

Piet de Wet vang Spragge en Irish Yeomanry by Lindley.

1 Jun Britte beset Lichtenburg Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
5 Jun Roberts neem Pretoria in. Laat gevangenes vry.
7 Jun Christiaan de Wet se sukses by Roodewal.
11-12 Jun Slag van Diamond Hill
12 Jun Buller beset Volksrust.
11 Jul Oorgawe van Scots Greys by Zilikaatsnek.
15 Jul Steyn en de Wet ontsnap van Brandwaterkom.
21 Jul Roberts begin aantog na Komatipoort.
31 Jul Oorgawe van Prinsloo aan Hunter in Brandwaterkom.
14 Aug Ian Hamilton kan nie De Wet se ontsnapping verhoed nie.
27 Aug Buller verslaan Botha by Bergendal (Dalmanutha).
30 Aug Vrysetting van laaste 2000 Britse gevangenes by Nooitgedacht.
6 Sep Buller beset Lydenburg.
25 Sep Pole-Carew bereik Komatipoort.
19 Okt Kruger seil Frankryk toe op 'n Hollandse skip.
24 Okt Buller seil na England.
25 Okt Formele proklamasie in Pretoria van Transvaal se anneksasie.
6 Nov De Wet verslaan by Bothaville.
29 Nov Kitchener volg Roberts op as 'C-in-C' in Suid Afrika.
Roberts sou Wolseley as 'C-in-C' in Britanje opvolg.
13 Des De la Rey en Smuts verras Clements by Nooitgedacht.
16 Des Kritzinger gaan die Kaapkolonie binne.

1901:

27 Jan- 26 Maart French se opmars in Oos-Transvaal.
31 Jan Smuts beset Modderfontein.
10-28 Feb De Wet se 'Inval' van die Kaapkolonie.
28 Feb Mislukte vredesonderhandelinge tussen Kitchener and Botha op Middelburg.
2-3 Maart De la Rey val Lichtenburg, sy tuisdorp, aan Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
10 Apr Eerste dryfjag in Noord-Vrystaat begin.
8 Mei Milner vertrek na England met verlof.
18 Jul Eerste dryfjag in die Kaapkolonie noordwaarts.
7 Aug Kitchener se proklamasie van verbanning vir Boereleiers gevang na 15 September.
12 Aug Kritzinger uit die Kaapkolonie uitgedryf.
3 Sept Smuts val die Kaapkolonie binne via Kiba Drift.
5 Sept Scobell vang Lotter se kommando (Groenkloof).
7 Sept Smuts breek "17th Lancers" by Elandsrivierpoort op.
17 Sept Botha breek Gough se mag op by Bloedrivierpoort.
26 Sept Botha val Fort Itala en Fort Prospect aan.
6 Okt Botha ontsnap noordwaarts.
11 Okt Teregstelling van Kommandant Lotter. Scheepers word gevang.
30 Okt Benson gedood by Bakenlaagte.
7 Nov Ian Hamilton aangewys as Kitchener se "Chief of Staff".
7 Des "National Scouts" ingesweer.
16 Des Kritzinger gevang.
23 Des Kroonstad-Lindley blokhuislinie voltooi.
25 Des De Wet vang Yeomanry by Tweefontein.

1902:

17 Jan Scheepers tereggestel.
4 Feb Slag van Gruisfontein Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
6-8 Feb Nuwe dryfjag in Oos-Vrystaat. De Wet breek uit.
13-26 Feb Tweede dryfjag in Oos-Vrystaat. Rawlinson se sukses.
7 Maart De la Rey uitoorlê Methuen by Tweebosch/De Klipdrift. Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
24 Maart Eerste dryfjag in Wes-Transvaal.
26 Maart Dood van Rhodes.
31 Maart Slag van Boschbult Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
11 Apr Slag van Rooiwal (Roodewal) Noordwes Provinsie
Sentrale Streek
12-18 Apr Boere se vredesmag se eerste ontmoeting in Pretoria.
1-10 Mei Laaste dryfjag in Noordoos Vrystaat.
6 Mei Zulu-aanval op Holkrantz.
11 Mei Einde van Hamilton se laaste dryfjag in Wes-Transvaal.
15-18 Mei Eerste ontmoeting van Boere-afgevaardigdes in Vereeniging.
31 Mei Finale ontmoeting in Vereeniging.

Ooreenkoms van Oorgawe geteken in Melrose-huis in Pretoria: VREDE