Lichtenburg: (by/deur Lichtenburg Museum, POBox/Posbus 7, Lichtenburg 2740, South Africa - Tel. (+27) 018-632 5051; Fax. (+27) 018-632 5247; Cell.08292 45983; museum@lichtenburg.co.za
Homepage - Tuisblad * Tourism Info (English) * Toerisme Info (Afrikaans) * Anglo Boer War / Anglo-Boereoorlog * Accommodation and Restaurants * Akkommodasie en Restaurante * Museums (English) * Museums (Afrikaans) * History of Lichtenburg * Geskiedenis van Lichtenburg * One Stop Search Engine Page * e-maile-pos

Slag van De Klipdrift 7 Maart 1902

deur P.J.de Jager, Ottosdal

Die aanval op Methuen op 7 Maart 1902 was 'n weldeurdagte en fyn beplande militêre operasie deur genl. De la Rey en sy offisiere. Die bewegings van Methuen se konvooi is gevolg vandat hy Vryburg verlaat het totdat hy die aand basis ingerig het op die plaas Tweebosch. Methuen het al langs die Hartsrivier beweegvir water vir die perde en osse oppad na Rooijantjesfontein waar hy by Kekewich sou aansluit vir hul gesamentlike opmars teen De la Rey. De la Rey se kommando's was die aand van 6 Maart op die plaas Gubsteling byeen, ongeveer 11 km van Methuen se basis. Methuen was bewus van die Boere wat sy agterhoede lastig val, maar was nie bewus dat die groot Boeremag voorlê nie.

Die huis op Tweebosch waar Methuen oornag het voor die geveg.
Vroeg die oggend van 7 Maart het Methuen opdrag gegee dat sy konvooi verder beweeg. Die oskonvooi was voor met 'n eskort van die Cape Police, die 86ste Yeomanry, al die infanterie, kanonne en pom-pom. Die hoofkolonne en muilwaens het gevolg met die Cape Spacials, Ashburners' Horse en die Diamond Fields pom-pom wooraan met Dennison's Scouts en Diamond Fields Horse as agterhoede.

Toe dit begin lig word om 5 uur het die voorhoede die plaas De Klipdrift se twee huise en kraal bereik en het genl. Van Zyl die aanval op die agterhoede begin. Die Diamond Fields pom-pom word vinnig buite aksie gestel. Methuen het die ossewakonvooi beveel om laer te trek en om 6 uur het die hoofgeveg begin.

Die kommando's het begin met hulle nou reeds beroemde stormaanval uit die ooste al skietende van hul perde in verspreide linie, gevolg deur opeenlopende linie na linie ruiters!

Volkome chaos het spoedig gevolg en groot deel van die kolonne het eenvoudig gevlug met offisiere vooraan! Onder persoonlike aanvoering van Methuen het sy infanterie wat die ossewaens verdedig het nadat die res op vlug geslaan het, dapper teruggeveg. Veral sy artillerie onder lte. Venning en Nesham verg tot die laaste en word by hul kanonne doodgeskiet.

Die vlugtendes het uiteindelik in die kraal stelling ingeneem 'n km of twee verder waar genl. Celliers en kmdt. Vermaas die kraal met die gebuite kanonne van Ysterspruit uitmekaar skiet. 'n Aantal gaan skuil in die woonhuis waar hulle ook uitgehaal word. Mathuen word gewond toe sy perd onder hom doodgeskiet word. Hier ontmoet hy en De la Rey mekaar en besluit De la Rey om hom in sy (Methuen) se persoonlike verewa Klerksdorp-hospitaal toe te stuur.

Methuen se verlies was 68 gesneuwel en 132 gewond terwyl die Boereverliese slegs 8 dood en 26 gewond was.

Op sy eerste skof na Klerksdorp, vertoef Methuen 'n paar dae op die plaas Gestoptefontein in die ou historiese Van Zijl-huis wat voor die oorlog oornagakkomodasie aan poskoetsreisigers verskaf het en as hospitaal in die oorlog gebruik is. Oppad na Klerksdorp word hy egter teruggebring na Gestoptefontein deur burgers wat ontevrede met De la Rey se optrede was. De la Rey oorreed die krygsraad om hom te laat gaan op voorwaarde dat Methuen hom totaal aan die oorlog onttrek. 'n Geweer en ander items wat ná die geveg op die slagveld gevind is.