Lichtenburg: (by/deur Lichtenburg Museum, POBox/Posbus 7, Lichtenburg 2740, South Africa - Tel. (+27) 018-632 5051; Fax. (+27) 018-632 5247; Cell.08292 45983; museum@lichtenburg.co.za
Homepage - Tuisblad * Tourism Info (English) * Toerisme Info (Afrikaans) * Anglo Boer War / Anglo-Boereoorlog * Accommodation and Restaurants * Akkommodasie en Restaurante * Museums (English) * Museums (Afrikaans) * History of Lichtenburg * Geskiedenis van Lichtenburg * One Stop Search Engine Page * e-maile-pos

DIE SLAG VAN GRUISFONTEIN

Op die plaas Gruisfontein, ongeveer 25 km oos van Lichtenburg is 'n Boerekommando onder bevel van kmdt. Sarel Alberts die nag van 4 Februarie 1902 onverhoeds betrap deur 'n Britse afdeling onder leiding van kol. R. Kekewich.

Die Boerekommando het blykbaar daar langs die boomlose spruitjie oornag toe hulle skielik deur maj. Leader van die Carabiniers aangeval is. Die skermutseling was kort en hewig en kmdt. Alberts moes duur betaal vir die skynbare argeloosheid van wagte wat op diens was.

"The Times History of War in South Africa" skryf oor hierdie veldslag soos volg:

"February 1902 began with a striking success. On the 4th Kekewich and Hickie pounced on the laager of Commandant Sarel Alberts and took 132 prisoners, including Alberts himself. Major Leader of the Carabiniers, led the mounted troops in this brilliant little affair the scene of which was Gruisfontein, fifteen miles east of Lichtenburg."
Die verslag maak geen melding van enige gesneuweldes of gewondes aan Boere- of Engelse kant nie. Maar dit is bekend dat sewe burgers die oggend daar die hoogste tol moes betaal. Volgens mev. A.M.C. Schutte, vroeër 'n nooi Venter van Lichtenburg en tans van Rondepan, was haar vader een van die burgers wat by die skermutseling betrokke was. Hy het later verklaar dat twee vriende wat die nag langsmekaar gelê en slaap het met een koeël gedood is net toe hulle gelyktydig orent gekom het.

Ongeveer in 1948 is op daardie plek 'n stewige monument opgerig ter ere van sewe man wat daar gesneuwel het. Hulle name is op die monument aangebring. Hulle was:

H.B. Kloppers, J.J. van der Schyff
G.J. Kruger, P.D. Bonthuizen,
G. van Staden, A.J. Cronje,
A. van Vuuren.
Hierdie waardige klein monumentjie van ongeveer 3 m hoog staan vandag binne-in 'n hoenderboerdery.

Die Monumentjie op Gruisfontein
(Uit "Lichtenburg 1865-1985" deur A.D.Bosman)