Lichtenburg: (by/deur Lichtenburg Museum, POBox/Posbus 7, Lichtenburg 2740, South Africa - Tel. (+27) 018-632 5051; Fax. (+27) 018-632 5247; Cell.08292 45983; museum@lichtenburg.co.za
Homepage - Tuisblad * Tourism Info (English) * Toerisme Info (Afrikaans) * Anglo Boer War / Anglo-Boereoorlog * Accommodation and Restaurants * Akkommodasie en Restaurante * Museums (English) * Museums (Afrikaans) * History of Lichtenburg * Geskiedenis van Lichtenburg * One Stop Search Engine Page * e-maile-pos

Delareyville

Delareyville is vernoem na die bekende Generaal Koos de la Rey en is in 1914 gestig (dus ná die Anglo-Boereoorlog). Die dorp is in die noordwestelike hoek van die mieliedriehoek geleë, 96 km van Lichtenburg, 82 km van Vryburg en 114 km van Wolmaransstad.

Die dorp is die middelpunt van ‘n ryk en vooruitstrewende boeregemeenskap. Soutpanne kom oral in die distrik voor, en lewer ‘n groot bydrae tot die land se soutproduksie.

INLIGTINGSTUK OOR DELAREYVILLE

Uit die dokumentasie wat ter hand is en uit herinneringe van die ouer mense, blyk die volgende gebeure aanleiding te gegee die stigting van die dorp Delareyville:

Die plaas "Zoutpan of Bospan" 203 I 0, waarop Delareyville vandag geleë is, was tot en met die stigting van die dorp in 1913 die eiendom van die Staat. Dit skyn egter of onderhandelings in verband met die stigting van 'n "Goewermentsdorp" reeds gedurende 1912 met die destydse Departement van Lande en die Dorpen Kommissie aangekoop is.

'n Versoek van 'n sekere Veldkornet A P Visser en andere het aanleiding gegee tot 'n inspeksie van die Dorpen Kommissie op 14 Maart 1913. Die lede van dié Kommissie is deur Veldkornet Visser en 15 ander persone, meeste van hulle lede van die Kerkraad, ontvang. Interessant is die feit dat die lede van die Dorpen Kommissie die oggend van 13 Maart uit Pretoria vertrek het en eers die aand hier aangekom het.

Die enigste aktiwiteit in die omgewing, benewens boerdery, was die ontginning van sout uit die pan agter die ou stasie, wat toe reeds bestaan het. Die Dorpen Kommissie was aan die begin nie baie simpatiek gesind met die versoek om 'n dorpte stig nie, omdat die ontginning van sout slegs werkaan sowat vier blankes gebied het.

Veldkornet Visser het die Dorpen Raad egtermeegedeel dat hulle 'n dorp wil stig ten einde 'n Kerkgemeenskap te vestig. In hierdie stadium het 150 lidmate van die Kerk reeds te kenne gegee dat hulle erwe in die te stigte dorp sal koop, en op 23 Junie 1913 bevestig die Dorpen Kommissie dat die Minister van Lande goedkeuring geheg het aan die stigting van 'n Goewermentsdorp.

Die plaaslike komitee, met Veldkornet Visser as Voorsitter, het toe, in die lig van die distrik se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog en spesifiek Generaal (Koos) De la Rey, versoek dat die naam van dorp "De la Rey" moet wees. Die Minister van Lande het egter aangedui dat aangesien daar reeds 'n dorp met die naam "Delarey" in die Krugersdorpse distrik bestaan het, hy dit nie kan goedkeur nie, en het opdie naam "Saltwaters", na aanleiding van die soutpanne in die omgewing, besluit.

Verdere vertoë in hierdie verband het egter daartoe aanleiding gegee dat die Minister van Lande op 1 September 1914 toestemming verleen het dat die naam van die dorp van " Saltwaters " na "Delareyville" verander word.

Ongeveer 30 kilometers buile die dorp op die Ottosdalpad, is daar 'n monument wat die "Slag van Bosbult" versinnebeeld.

Op Strydomplein, aangrensend aan die grond waarop die munisipale kantore staan, is 'n borsbeeld van Generaal De la Rey asook die Heldebegraafplaas waar verskeie persone wat by veldslae in die omgewing betrokke was, herbegrawe is.

Indie dorp is 'n tennisklub, golfklub, rugbyklub, rolbalklub, muurbalklub en netbalklub, waarvan elke klub met voldoende fasiliteite toegerus is. Die inwonertal van Delareyville word op sowat 1 600 geraam.

Ongeveer 15 kilometerbuite die dorp is Barberspan, die grootste binnelandse meer in Transvaal wat sowat 2 000 ha wateroppervlak beslaan. Dit is 'n hengel en watersportparadys waar motor- en seilbootsport na hartelus beoefen kan word. Barberspan beskik dan ook oor 'n motorwedrenklub wat elke jaar uiters geslaagde wedrenne aanbied. Delareyville beskik ook oor 'n woonwapark wat staanplek aan sowat 50 karavane bied met 'n swembad van olimpiese standaard aangrensend aan die karavaanpark.

Boere in die omgewing lê hulle hoofsaaklik toe op die verbouing van mielies en sonneblom, hoewel graansorghum en grondboontjies ook verbou word. Daar word ook met skape en beeste geboer.

Die volgende akkommodasie is beskikbaar: