Meer oor ons...
Vooraf: |
|
|
Aanvanklik was daar vyf koöperasies gestig, die eerste in 1928 en die vyfde in 1944, wat die huidige bedieningsgebied van Die Humansdorpse Koöperasie voorsien het. Die koöperasie wat die koringagentskap hanteer het, by name Uniondale Koring Koöperatiewe Vereniging, is die koöperasie wat derde gestig was in 1931. Vandag staan dit bekend as Langkloof Boere Koöperasie. 'n Graanstoor van Umiondale Koring Koöperatiewe Vereniging
|
|
| Die Behoefte: | |
|
Die boere wie koring verbou het moes van klein meulens, wat op verskeie plekke opgerig is, gebruik maak om die graan te maal. Twee van hierdie meulens was op Humansdorp nl. Onse Meule en Kleudgen Meule. In 1932 word nog ’n meule opgerig – Van Eyck Roller Meule. Die behoefte van die Gamtoosvallei se boere om ’n koöperasie te stig, wat die meule van Humansdorp sou oorneem en bedryf, het ontstaan nadat gerugte die rondte begin doen het dat die meulens verkoop gaan word en dan sou ophou maal. Van Eyck Roller Meule
|
| Die Begin: | |
|
Op 23 Desember 1944 word die Valleise Graan en Meule Maatskappy gestig en ten einde ‘n permit te kry vir die maal van koring is besluit om die bestaande twee meulens op Humansdorp oor te koop. Na die registrasie van die meulens se oorname in 1945 verkry die koöperasie toestemming dat een van die meule na Patensie oorgeplaas mag word. Die voorwaarde vir hierdie verskuiwing was dat daar slegs vir klante gemaal mag word. Op die eerste jaarvergadering van die koöperasie in 1945 word besluit dat die hoofkantoor op Humansdorp sou wees met Patensie as tak. Die gebou van die Valleise Graan en Meule Maatskappy is opgerig by die Van Eyck Roller Meule. Die Meule is vandag nog ons eiendom alhoewel dit nie meer in gebruik is nie. Dit is egter reeds in 1950 met die mislukte koringoes en die subsidiëring van meelprodukte dat die meule te Patensie ophou maal het. Hierna is die Patensie meule opgebreek en op Humansdorp herbou. Op 22 September 1961 word ‘n eenparige besluit geneem – die Valleise Graan en Meule Maatskappy word verander na Die Humansdorpse Koöperasie Beperk.
|
|
| Die Groei: | |
|
Graanboere van die Elandsrivier, wie gesukkel het om hul graan te droog, het die oprigting van ‘n koöperasie-tak op 7 Augustus 1964 te Uitenhage geìnspireer. Hierdie tak is langs ‘n sylyn van die treinspoor gebou en is amptelik in 1965 geopen deur die destydse Registrateur van Koöperasies, mnr. D Smith. In 1969 het lede van die Zuuranys Boerevereniging sand, gruis, trekkers, waens en hulself beskikbaar gestel vir die oprigting van die eerste graanstoor op Kareedouw waar ons dan ook vandag ‘n tak het.
|
|
![]() |
Met die verloop van tyd het groter behoeftes ontstaan waaraan die Koöperasie moes voldoen en een hiervan was die voorsiening van veevoer. Dit was egter nie binne die Koöperasie se vermoë om ‘n veevoerfabriek op te rig nie en hoewel daar ‘n nuwe graanstoor in 1971 onder die bestuur van Hennie van Dyk gebou is, is dit in 1977 dat die Koöperasie ‘n trekker en hamermeul aangeskaf het ten einde gemaalde geelmieiies aan die boere te voorsien. |
| ‘n Verdere uitdaging ontstaan vir die Koöperasie, veral vanaf die 1980’s toe koringoeste begin vergroot met gemiddelde lewerings van 3260Ton en daar voorsiening gemaak moes word vir die berging, droging en hantering van die graan. Die logiese oplossing was om ’n silo op te rig en toestemming word verleen vir die bou van ’n 20 000Ton silo. Dit was die eerste silo vir die Oos-Kaap en is op 17 Februarie 1984 ingewy. |
|
| Intussen het die melkbedryf gegroei en die Koöperasie moes voorsiening maak vir die voorsiening van veevoer. Die eertydse trekker en hamermeul kon nie voorbly met die maal van mielies nie en ‘n elektroniese hamermeul is aangeskaf. In 1992 koop die Koöperasie ‘n mielievergruiser aan, maar dit was op 8 November1993 met die installering van ‘n voermenger dat die Koöperasie die eerste veevoer vir ‘n boer kon meng. Hierna groei die aanvraag en in 1998 word ‘n verpillingsaanleg by die voermenger gevoeg wat die boer ‘n keuse bied in die vorm van sy voer – meel of gepil. | |
| Wat Volgende? | |
| Die Humansdorpse Koöperasie Beperk sal bly groei ten einde aan die behoeftes van sy lede te voldoen en veral om ons missie uit te bou nl: | |
|
Om ‘n omvattende en effektiewe landboudiens aan die gemeenskap te lewer. |
|