MG Ondersteuning in Suid Afrika
Terug na Indeks Blad
![]()
Vir jare is daar al ondersteuning wat gegee word aan persone wat gediagnoseer word met Myasthenia Gravis. Die probleem bly egter om persone te bereik wat wel gediagnoseer word met MG. MG is nog relatief onbekend en baie persone is nie ingeskakel op die Internet nie. Dit is maar die afgelope tyd dat meer en meer mense inskakel op die Internet.
In Natal is die eerste ondersteunings groep in 1992 in Suid Afrika gestig. Jenny Pearce was een van die stigterslede, asook die voorsitter van die MG Ondersteuningsgroep. Sy en haar gesin verhuis en Sue Anderson neem by haar oor. Sue is jare lank al betrokke by spierdistrofie en was ook een van die stigterslede van die MG Ondersteuningsgroep in Natal.
In Gauteng stig Heine Toerien in 1995 'n MG
Ondersteuningsgroep vir Gauteng. Hy sal onthou word vir die baanbrekerswerk wat
hy vir MG in Suid Afrika en oorsee gedoen het. Met sy radio praatjies het hy
talle mense met MG bereik wat andersins nie bewus sou wees van die ondersteuning
wat daar gegee kan word nie. MG persone van reg oor Suid Afrika sluit aan by die
MG Ondersteuningsgroep van Gauteng. Na Heine se dood in 1998 verdeel Suid Afrika
in streke om beter ondersteuning te kan bied.
Gedurende Desember 2000 word die eerste vergadering van die nuutgestigde
Myasthenia Gravis Ondersteuningsgroep vir die Wes Kaap gehou. Hermann Rocher is
die stigter en vergaderings word gehou by die Grootte Schuur se Neurolgie
afdeling.
Kontak nommers van persone wat u kan help met MG
ondersteuning van watter aard ook al.
Natal: Sue Anderson
Sue se telefoon nommer is (031) 9037389
Gauteng: Isabella Chown.
Isabella se telefoon nommer is (011) 7641628
Wes Kaap: Hermann Rocher of Elzaree Cruywagen
Hermann se telefoon nommer is (021) 8545919
Elzaree se telefoon nommer is (021) 8879906
Pretoria, Mpumalanga, Noordwes: Elsie Palmer
Elsie se telefoon nommer is (012) 3215441 of 0722841402
Vrystaat, Kaapprovinsie (Wes Kaap uitgesluit): Wilna Eygelaar
Wilna se telefoon nommer is (054) 3324974
Deur die jare het Myasthenia Gravis sterk bande opgebou met die Spierdistrofie Stigting van Suid Afrika. Die Spierdistrofie Stigting speel ook ‘n belangrike rol in hulpverlening aan die MG gemeenskap en ons dank aan hulle vir hul raad en bystand deur die jare. Besoek hul webblad by http://www.mdsa.org.za vir meer besonderhede oor hulle.
Besoek ook die volgende Engelse Webblaaie:
NOAH (New York Online
Access to Health)
Myasthenia Gravis Foundation of America
Myasthenia Gravis
Links
Seker die beste webblad oor MG op die Internet
MG Net - The Internet Chapter