BOSMAN Familie Genealogie
Neem deel aan die BOSMAN Familienavorsingsprojek
Op WATTER DAG van die Week is jy GEBORE
![]()
Op 20 January 1706 verlaat Hermanus Bosman Texel in Holland. Hy reis na Batavia. Daar aangekom hou hy niks van die plek nie. Op sy terugreis na Nederland aan boord van die skip, De Overryp, arriveer hy in Cabo de Goede Hoop op 19 April 1707. `n Onaangename seereis laat hom besluit om aan te bly. Dit het gebeur net 54 jaar na die aankoms van Jan Van Riebeeck.
Die Bosman Familie is dus een van die oudste Suid-Afrikaanse families en is reeds 293 jaar in Suid-Afrika! So begin die Familie Geskiedenis van die Bosmans in Suid-Afrika.
Die Suid-Afrikaanse Bosman Familiewapen - `n Kontroversiële Saak
Hierdie navorser het bevind dat die Familiewapen soos dit op die buiteblad van die boek "DIE BOSMANS VAN SUID-AFRIKA 1707-1965" voorkom nie die van Hermanus Lambertus Bosman is nie en dat die gebruik daarvan volgens die Suid-Afrikaanse Buro vir Heraldiek nie net misleidend is nie maar ook onwettig.
![]() |
Agtergrond inligting oor die toekenning van `n familiewapen.
Die beginsels vir toekenning van familiewapen in Suid-Afrika stem, met geringe klemverskille, ooreen met dié lande waarvandaan die Suid-Afrikaanse heraldiese tradisie hoofsaaklik afkomstig is. Die beginsels word uiteengesit in Suid-Afrikaanse "Familiewapens" en lees as volg;
"Dit is `n grondbeginsel van wapenvoering dat wapens in die direkte lyn van geslag tot geslag oorgeërf word. Slegs diegene wat bewys kan lewer dat hulle direkte afstammelinge is van `n persoon wat `n bepaalde wapen regmatiglik voer, of gevoer het, het enige aanspraak op die betrokke wapen. Dit beteken dat `n wapen deur `n bepaalde persoon en dié se direkte afstammelinge, en nie deur alle naamgenote of `n "familie" in sy geheel, gevoer word. Persone wat nie afstammelinge van die wapenvoerder is nie, het geen aansprake op sy of haar wapen nie, al voer hulle dieselfde van en is hulle selfs andersins verwant".
Die Eerste en Enigste Persoonlike Suid-Afrikaanse Bosman Familiewapen.
Hendrik Jozephus Bosman gebore op 26 Januarie 1953 in Johannesburg, Suid-Afrika is die eerste Bosman om `n persoonlike familiewapen in samewerking met die Buro vir Heraldiek te ontwerp en registreer. Dit het `n argument onder sommige familielede veroorsaak. Gelukkig was dit nie langdurig of ernstig van aard nie.
"Klik" vir volle grootte
Heraldiese beskrywing van die familiewapen van Hendrik Jozephus Bosman.
Aansoek: GK/GN 2801: SK/SG 12223, 1989-12-22
Registrasie: GK/GN 982: SK/SG 12445, 1990-05-04
Wapenbrief uitgereik: 1990-10-19 (Afrikaans) H4/3/4/364
Wapen: Deursnede en spits geknobbel na die skildvoet, silwer en blou, in skildhoof twee skuinsgekruiste geoloogshamers en in die skildvoet `n omgekeerde halwe uitkomende fleur-de-lis, alles van een op die ander.
Helmteken: `n Neushoringvoël van natuurlike kleur sittend op `n blou beker met twee handvatsels, belaai met `n goue blommetjie.
Wrong en deklede: Silwer en blou.
Wapenspreuk: CREDO DEO
`n Voorstel - Stigting van `n Bosman Familiebond
Graag nooi ek belanstellende persone uit om met my in verbinding te tree betreffende die stigting van `n Bosman Familiebond. Enige persoon manlik of vroulik is welkom.
Die doelwit van so `n bond sal primêr daarop gerig wees om die huidige familienavorsing aan te vul en om navorsers met hulle navorsing behulpsaam te wees. Die ontwerp van `n Bosman Familiebond Wapen sal ook onder die soeklig kom.
Graag hoor ek van ELKE Bosman in Suid-Afrika.
Tree met my in verbinding by die ondergenoemde adres en/of telefoonnommers;
NOTA: Hierdie bladsy is die resultaat van `n navraag betreffende my navorsing oor die Bosman Familie Erfenis deur Magda van Wyk (nee Bosman). Baie dankie Magda dat jy weer die vuur aangesteek het!
Vir my navorsing gebruik ek:
Cumberland Family Tree
Op soek na nog genealogie
inligting?
![]()
Cyndi's List of Genealogy Sites on the Internet