Die Hemelse Fotograaf

Bybel-lesing Mattheus 24: 3-31

Teks vers: 27
Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van
die Seun van die mens wees.


Die Internet het vir baie van ons n hele nuwe wereld geopen. Dit het vir my ook verandering aangebring.
Dit het my bediening buite die mure van my eie gemeente geneem. Maar dan het ek ook nuwe vriende gemaak,
vriende in ander werêld-dele wat ek miskien nooit van aangesig tot aangesig sal ontmoet nie. vriende wat my lewe verryk het deur met my hulle kennis, hulle gedagtes, en self hulle drome gedeel het. Soms deel hulle net n verhaaltjie wat die siel verryk.

Een of twee keer het my posbus in n verrassings pakkie verander. n Verassing wat soms my geestelike behoefte bevredig het, maar ook soms my tydelike behoefte. Daarvoor kan ons werklik se ons dien n Groot God.

Maar nou sal u vra wat het dit alles met vandag se Boodskap te doen. n Rukkie gelede het een van my korespondente,
Jeanette Jennings van The Trump of Marantha Fellowship vir my, en ek is seker sy het ook hierdie verhaal vir al haar korrespondente gestuur. Die verhaaltjie is vir my gestuur onder die opskrif :
Dit is so kosbaar

Ja, dit was n baie oulike verhaal, en ek het dit met baie ander gedeel waar ek ook al beweeg het.
Dit is n verhaaltjie wat my die hele tyd by gebly het. Laat ek hierdie verhaal met u deel.

n Moeder het by die huis op haar horlosie gekyk en gesien dat dit amper tyd was vir die skool om uit te kom,
en omdat die weer gelyk het of dit enige oomblik gaan begin reen, het sy besluit om maar gou skool toe te gaan,
en haar agt jarige dogter op te tel.

Op pad skool toe sak daar toe n harde bui reen uit en by die skool het haar dogter haar gesien en na haar toe begin hardloop. Skielik is daar n flits van n weerlig straal en vir n oomblik staan haar dogter doodstil,
kyk na die hemel bo, gee n pragtige glimlag en toe hardloop sy verder.
Dit het n hele paar keer gebeur, tot die dogtertjie die motor bereik het.

Haar moeder het haar dadelik gevra toe sy in die motor klim, hoekom het jy elke keer gestop as die weerlig slaan, en dan glimlag jy vir die hemel,

Ek moes stop, se die dogtertjie, het mamma nie gesien nie, God was besig om fotos van my te neem.

Soos ek hierdie verhaal oordenk het, het dit stadig tot my deurgedring, dat as God dan werklik ons fotos sou neem, sou HY sekerlik ook n album nodig he om hulle in te bere.

Die Familie Album
Dit is fotos van ons vriende en geliefdes wat ons so graag vir ander wys as hulle vir ons kom kuier.
Die fotos van ons kinders word met groot trots uitgestal, veral as daardie fotos nog in die koerante ook was.
Ons bere fotos van plekke waar ons al besoek afgelê het.
Ons kyk met heimwee na fotos oor ons kinderjare, en latere fotos soos trou fotos.
Ons kyk met hartseer na fotos van geliefdes wat nie meer daar is nie, of van wie ons kontak verloor het.

Maar nou moet ons vir n oomblik tot stilstand kom en onsself afvra,
wat sal gebeur as God Sy album moet oopmaak ?
Wat se fotos sal ons van onsself sien ?
Wat se fotos sal die Here in Sy album bêre ?

Ons is baie gou om te se, ons sal die foto van Sy Seun sien. Ja, God se album sal fotos van Jesus inhê.
Met groot trots sal God die fotos van sy Seun aan ons toon. en ons vertel van Sy Seun,
wat nie vir n oomblik gearsel het om vir Sy vriende te sterf nie.
En soos ons in die album blaai so sal ons die grootheid van Jesus kan sien ontvou.

Elke foto sal spreek van liefde en meelewing wat Jesus vir die mens gehad het. Miskien sal daar n paar aksie fotos wees, waar Hy besig was om die siekes gesond te maak,
of miskien van die Bruilof waar hy sy eerste wonderwerk gedoen het.
Of miskien waar hy besig was om die Woord te verkondig, of miskien waar Hy gedoop was.

Maar miskien is daar ook begrafnis fotos geneem. En as die fotograaf miskien n foto geneem het van die graf, dan sal u sien, dat daardie graf leeg is. Want Hy leef, Hy het opgestaan.

Daar word gesê dat die dae van wonderwerke verby is, maar Vriende, die Jesus van die wonderwerke leef nog.

Hebreërs 13:8
Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.


Maleagi 3:6
Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.


En as u met my saamstem dat die Woord van God, ja en amen is,
dan kan Jesus dit wat Hy 2000 gelede gedoen het, nog steeds doen.

Dis heeltemal reg ons glo nie aan n dag van wonderwerke nie, maar wel aan n God van wonderwerke.

Onthou altyd
Lukas 1:37
Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie.


Maar soos ons nou verder deur hier album blaai kom ons af op fotos wat ons laat besef dat God ander seuns en dogters ook het. Seuns en dogters wat Hy net so lief het as wat Hy sy eie Seun het.

Johannes 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.


Die wat in Sy Seun glo noem HY Sy seuns en dogters.

2 Korinthiers 6:18
En Ek sal vir julle n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.


Nou moet ons onsself die vraag afvra, sal ons fotos ook in daardie album aangetref word.
Maar voor u dit antwoord, onthou dat slegs die wat in Jesus glo, seuns en dogters genoem word.

Glo u in Jesus, en daarom volg u in Sy voetspore.
Glo u in Jesus, en daarom luister u na Sy Woord.
Glo u in Jesus, en daarom aanbid u Hom
Glo u in Jesus, en daarom kom Hy eerste in u lewe.

Maar nou, wat van u foto album ?

Daar is een Skrif wat my as prediker slaapelose nagte gee.

Hooglied 1:6
........... hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie.

Dit is baie goed om die Evangelie te verkondig, en vir ander van Jesus te vertel, maar doen ons genoeg om die wat in ons eie wingerd is op te pas. God het hulle in ons sorg geplaas, en hoe versorg ons hulle.

As ons in daardie dag die familie album open sal ons kan se, almal wat aan ons toevertrou was, is hier in die hemel saam met ons.

Die Laaste Foto
Die dogtertjie in ons verhaal het die blitse van die weerlig met n fotograaf vergelyk.
Maar die weerlig herinner ons ook aan die wederkom van Jesus.

Onthou ons Teks vers:
Mattheus 24:27
Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn,
so sal ook die koms van die Seun van die mens wees.

Die laaste foto sal geneem word wanneer Jesus op die wolke verskyn, en sal u dan op daardie foto verskyn ?
Is u gereed vir die werderkoms van Christus ?

Volgende keer as u weerlig sien slaan, dan vra u uself af, as God op hierdie oomblik n foto van my geneem het, in watter situasie sou ek gewees het, was ek besig met iets wat God sal behaag, of sou u ook graag daardie foto wou verwyder en opskeur ?

Die Hemelse fotograaf sal n laaste foto van elkeen van ons neem. Daarvan is ek seker, want:

Hebreërs 9:27
En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,


Daardie laaste Foto, Vriend, wat sal van dit word ?
Sal dit deel word van die Hemelse Foto-Album ?

Waar gaan u die ewigheid deurbring ?
Die antwoord lê in Jesus:
Johannes 14:6
Jesus antwoord hom:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.


In daar die dag is dit net Hy wat saak maak

Markus 8:36-37
Want wat sal dit n mens baat as hy die hele wêreld win en aan sy siel skade ly ?
Of wat sal n mens gee as losprys vir sy siel ?



AMEN

Pastoor CSJ Claassen
Goudveldse Herlewingsentrum
Posbus Box 99
WELKOM
9460 SUID AFRIKA

It would be appreciated if you would be so kind as to record any comments
you may have concerning my Sermons in the Guestbook.

Sign My Guestbook Guestbook by GuestWorld View My Guestbook

OR

You are welcome to e-mail us with any comments or requests that you may have

Please click to go to any of the following Pages

Home

Local Church

Important Statement

Links & Webrings

Acknowledgements

Photo Album

Sermon Index

HIV-AIDS Ministry