WENKE VIR VAKANSIETYD
Geskryf deur Mariaan Marais (SADA Pretoria)
Kopiereg voorbehou

Neem ekstra kos en medisyne voorraad saam met jou - vir langer as die tydperk wat jy beplan om weg te gaan. Dinge waarvoor mens nie beplan het nie kan voorval.

Dra identifikasie by jou met die volgende inligting:

  1. Dat jy 'n diabeet is
  2. Is jy insulien afhanklik of nie-insulien afhanklik

Neem ekstra kos saam met jou ingeval jou tye van etes uitestel word of ingeval jy jouself in 'n situasie bevind waar jy nie voedsel kan bekom nie. Moenie hierdie voorrade in jou reistasse pak nie. Hou dit eerder in jou handbagasie. Dieselfde geld vir jou medikasie en bloedglukosemeter.

Neem 'n ekstra voorskrif van jou dokter saam. As iets dalk met jou medikasie sou fout gaan bv. insulien botteltjie breek of tablette word nat, kan jy die voorskrif by die naaste apteek ingee.

Dra altyd suiker lekkergoed saam met jou.

Dra altyd versnapperings saam met jou indien jy tussen maaltye iets moet eet.

Indien jy op die lang pad gaan motor bestuur:

  1. Neem plus minus 10 g koolhidrate elke uur om te keer dat jou bloedsuiker te laag val terwyl jy bestuur. Dit kan dalk 'n warm of vermoeiende rit wees.
  2. Hou glukose lekkers naby.
  3. Onthou om jou bloedsuiker gereeld te toets indien jy oor 'n ver afstand moet bestuur.
  4. Hou jou insulien iewers in die motor waar dit nie te warm word nie. 'n Goeie plek is op die vloer. Indien die weer baie warm is, vervoer jou insulien in 'n koelhouertjie met 'n yspak daarby.
  5. Moet NOOIT jou insulien vries nie ! Insulien wat gevries was se werking het
  6. heeltemal afgeneem. Dieselfe geld vir oormatige hitte.

Indien jy gaan vlieg:

  1. Dra altyd ekstra kos in jou handbagasie ingeval jy nie voedsel op die vlug kry nie of die etes dalk laat bedien word. Onbeplande dinge soos vlugte wat laat is kan voorval.
  2. Hou alle medikasie in jou handbagasie.
  3. Dra altyd suikerlekkers in jou handbagasie.
  4. Indien jy alleen reis, noem aan die lugwaardinne dat jy 'n diabeet is. Indien 'n probleem sou ontstaan moet hul bewus wees daarvan.

Dra ten alle tye 'n Medic Alert Armband of Hangertjie - selfs al swem jy in 'n swembad of by die see. 'n Goeie wenk is om op jou Medic Alert plaatjie te laat aandui: "If confused give sugar".

Indien jy oorsee vlieg:

  1. Hou jou horlosie op Suid-Afrikaanse tyd sodat jy kan uitwerk hoeveel ure gelede jy jou medikasie geneem het.
  2. Bespreek die aanpassing in tydsones vooraf met jou dokter.

Bloedglukose toetse is 'n MOET asook die neem van jou medikasie. As jy op vakansie gaan beteken dit nie dat jy nie jou medikasie hoef te neem of nie hoef te toets nie.

Moet NOOIT kaalvoet loop nie. Dra altyd sandale of skoene. Veral seesand kan maklik skerp voorwerpe hê wat in die sand rondlê. Snye en skrape kan net onnodige voetinfeksies veroorsaak.

MOENIE nuwe skoene met vakansie dra nie. Veral nie as jy baie gaan stap nie.

Hou jou gewig dop. Moenie oorboord gaan met lekkernye nie.

Probeer by jou maaltydplan hou sover jy kan.

Vra by restaurante vir volgraan brood in plaas van wit brood.

Bestel eerder vars slaaie sonder enige slaaisouse.

Indien jy oorsee gaan vermy die drink van water uit 'n kraan. Die verandering in water gaan heel waarskynlik 'n probleem wees. Koop eerder gebottelde water. Tee en koffie wat van gekookte water voorberei is, is ook beter om te gebruik.

Kry die volgende inligting by jou dokter voor jy op reis gaan:

  1. Aanpassing van maaltye en medikasie
  2. Noodglukose bv. Glucagon
  3. Ekstra voorskrif vir jou medikasie

Maak seker dat die volgende dinge in orde is voor jy op reis gaan:

  1. Het jy genoeg medikasie om saam te neem ?
  2. Het jy genoeg insulien, spuite, pen naalde ens. ?
  3. Het jy 'n ekstra stel batterye vir jou bloedglukosemeter ingepak ?
  4. Het jy genoeg toetsstrokies vir jou bloedglukosemeter ingepak ?
  5. Het jy genoeg urienestrokies ingepak om vir ketone te toets ?
  6. Het jy jou Medic Alert Armband of Hangertjie aan ?
  7. Is al jou besonderhede by Medic Alert op datum ? Is al die nuutste veranderings bv. nuwe telefoonnommers gedoen ?
  8. Het jy genoeg voedsel in jou handbagasie ?
  9. Het jy suikerlekkers in jou handbagasie ?
  10. Het jy jou dokter se voorskrif in jou handbagasie ingepak ?

MOENIE etes en medikasie oorslaan nie

Eet 'n goeie gebalanseerde ontbyt elke dag.

Indien jy 'n ver afstand met 'n motor reis, klim uit en stap 'n paar keer op en af wanneer daar stilgehou word

Idees van voedsel wat mens kan inpak wanneer jy ver gaan reis en kos dalk onbereikbaar is:

  1. Babakos in botteltjies (bv. macaroni en beef - nie nageregte nie)
  2. Biltong (met min of geen vet)
  3. Droëvrugte
  4. Lae vet kaaswiggies
  5. Volgraanbeskuitjies
  6. Langlewe melk in kartonhouers
  7. Diabetiese volgraanbeskuit

Indien jy gaan uiteet:

  1. Vermy vetterige, versuikerde en roomsouse
  2. As 'n voorgereg bestel iets soos 'n franse slaai, helder sop, geroosterdesampioene
  3. Kies voedsel met 'n tamatie-basis eerder as voedsel met 'n room-basis.
  4. Vra vir kleiner porsies indien die porsies te groot is.
  5. Vra dat ekstra souse appart bedien word.
  6. Vermy gekrummelde geregte.
  7. Vra vir laevet maaskaas saam met 'n gebakte aartappel in plaas van suurroom of botter.
  8. Vermy geregte wat in olie gebraai is. Bestel eerder geregte wat gerooster is.

return to home

 

Last Updated 31 January 2000
by
TomTom Interactive Communiations